Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Vyf verdagtes is in Kleinbaai vir die diefstal van boumateriaal aangekeer en gearresteer, waarvan 2 mans en 3 vrouens is. Al 5 is afkomstig van die Kaapstad-omgewing.
Gesteelde boumateriaal is aan ‘n anonieme persoon verkoop, wat vermoed het dit is gesteelde goedere. Hy het Gansbaai SAPD in kennis gestel.
Kort daarna is ‘n diefstalsaak by die polisie aanhangig gemaak van boumateriaal wat in Kleinbaai gesteel is. Die eienaar is tans besig met ‘n bouprojek op sy perseel.
Gansbaai SAPD het die besonderhede van die verkoper van die eiendom by die persoon aan wie dit verkoop is, gekry. Die saak is aan die Misdaadvoorkomingstak oorgegee. Hulle het die verdagte, sowel as die bakkie waarmee die goedere vervoer is, opgespoor.
Die polisie het beslag gelê op die bakkie, aangesien gesteelde goedere daarmee vervoer is.
Twee van die verdagtes is later vrygelaat, omdat hulle nie direk met die saak verbind kon word nie.
Die ander twee, Eugene Smith (36) en Lesley Vaughan (29) het Vrydag, 13 Januarie 2017 in die hof op Hermanus verskyn. Die saak is uitgestel na Maandag, 23 Januarie 2017 vir borg-aansoeke. Borg is geopponeer op grond van vorige inbraakrekords.
Die vyfde verdagte, ‘n vrou, is in Brackenfell gevind en gearresteer.
Al 5 verdagtes, ingesluit die 2 wat vrygelaat is, word vermoedelik ook met inbrake in De Kelders verbind.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...