Die verlore seuntjies ....

Die verlore seuntjies ....

Gansbaai Courant

“Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.” (Luk 19:10)

“En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.” (Luk 15:20) 

Sondag, tydens die erediens stap daar ’n onbekende jongman in en kom sit reg voor in die eerste ry. Toe ek hom hartlik welkom heet kom die besef dadelik by my op: Hier is iemand wat honger is en dit is nie brood nie. Hy soek iets meer....

Dit het my laat dink aan jare gelede toe ek eenkeer in my hotelkamer besig was om te werk en ek buite in die gang ’n vreeslike gehuil hoor. Toe ek die deur oopmaak om te kyk wat aangaan staan daar twee klein seuntjies, sowat vyf en drie jaar oud en hulle huil hartverskeurend. Toe hulle my sien skrik hulle eers vir hierdie grootmens wat bo hulle uittroon, maar toe ek op my knieë sak en sag met hulle begin praat, bedaar die vyfjarige so effens. Deur die trane verduidelik hy hoe hulle  in die hysbak geklim het en die verkeerde vloer se knoppie gedruk het. Nou is hulle verlore. Toe huil hulle éérs!

Ek het die vyfjarige se hand in myne geneem en sy boetie het huiwerig my ander hand geneem. Ons klim toe in die hysbak om by ontvangs te gaan hoor waar is hulle ouers. In die hysbak het ek hulle die knoppies laat druk sodat hulle kon deelneem aan die soektog. Toe ons in die ontvangs inloop, het Lukas 15 voor my oë afgespeel: ’n Liefdevolle Vader wat hulle met oop arms tegemoet hardloop! Veilig terug in hulle vader se arms!

Wat kon ek uit daardie gebeurtenis leer? Eerstens: Om verlore te wees moet verskriklik wees.

Soos daardie seuntjies, die jongman in die kerk, iemand wat jy ken? Tweedens: Iemand moet die gehuil hoor en besef daar is fout. Derdens, as iemand die gehuil hoor, moet daardie iemand bereid wees om iets te doen en dit nie net ignoreer nie, selfs al pas dit nie in jou planne in vir daardie dag nie!

Vierdens, moet jy dikwels afsak op jou knieë tot op die vlak van die verlore mens. Jy moet werklik klink of jy omgee en dat jy hulle regtig wil terugneem na die vader. En vyfdens, die werklike doel is om hulle veilig terug te besorg in die liefdevolle arms van die Vader. Dit is waar hulle hoort en veilig sal voel. Ons werk is nie verby voordat hulle versorg is nie.

Ek hoop ons kan met hierdie jongman dieselfde pad stap. Na die erediens het hy sy hartseerstorie vertel en met die hulp van manne wat omgee sy hart vir Jesus gegee. Jy mag saam met ons bid vir hierdie jongman en dat elke mens wat verlore is, die pad terug sal vind na die liefdevolle arms van ons Hemelse Vader.

Dalk hoor jy nou iewers die vreeslike geskreeu van iemand wat verlore is....

Die verlore seuntjies ....

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant