Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Ten spyte van die feit dat die Addisionele Hof vir Munisipale aangeleenthede vanaf 15 Desember 2016 nie daagliks in sitting was nie as gevolg van die feesgety, was die hof deurentyd beskikbaar om sake aan te hoor ten einde die publiek te akkommodeer en persone wat hulle aan wangedrag skuldig gemaak het, te vervolg.
Daar was 322 sake op die rol vir Desember 2016, waarvan 257 verkeersoortredings was en 65 sake wat betrekking gehad het op verskeie verordeninge wat oortree is.
Daar is sake aangehoor in gevalle waar lede van die publiek uitstaande sake teen hulle afgehandel moes kry ten einde hul motors te kon registreer of hul bestuurs-lisensies kon laat hernu.
Daar is teen onderskeie individue opgetree om te verseker dat hulle voldoen aan spesifieke verordeninge.
Heelwat suksesse is behaal deurdat beskuldigdes gehoor gegee het aan die toepaslike munisipale wetgewing. Onklaar huise wat ‘n veiligheidsrisiko geskep het is in die proses om voltooi te word.
‘n Groot aantal persone is gedagvaar omdat hulle nie gehoor gegee het aan kennisgewings om hul erwe ingevolge die Brandveilig-heidsverordening skoon te maak nie. Die meerderheid van die betrokke erwe is skoongemaak. Die Hof was baie tegemoetkomend en het die oortreders nie beboet nie, maar indien die persone hul weer skuldig maak aan die oortreding, sal hulle definitief ‘n swaar boete opgelê word.
Verskeie persone wat op straat gedrink het, is beboet en die alkohol is gekonfiskeer. Hierdie persone sal almal in die hof verskyn en hulle sal by skuldigbevinding, boetes opgelê word. Deur dit te doen het die lede van Wetstoe-passing gesorg dat ons dorp ‘n veilige, vriendelike en aan-gename omgewing skep vir ons inwoners sowel as die vakansiegangers.
Die Addisionele Hof, in samewerking met al die lede van Wetstoepassing en die Verkeersafdeling, het die afgelope Desember van 2016, daarin geslaag om die gemeenskap te dien deur toe te sien dat wet en orde gehandhaaf word. Die uiteindelike doel van die hof is nie om te vervolg nie, maar om die gemeenskap op te voed en sodoende ‘n geordende gemeenskap daar te stel.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...