Skole voel sterk oor bewaring

Skole voel sterk oor bewaring

Gansbaai Courant

Gansbaai leerders het hulself verlede jaar verbind om daadwerklik oor te gaan en te bewys dat hulle omgee vir die bewaring van hul omgewing.

Deelnemers is onlangs beloon vir hulle entoesiastiese deelname aan Whale Coast Conservation se aktiewe Jeug Omgewingsprogram.  Elkeen het ‘n sertifikaat ontvang wat as bewys dien van die skool en leerders se verbintenis tot die bewaring van hul omgewing.

 Die skole wat by die opvoedkundige projek betrokke was, is Gansbaai Academia, Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr in Blompark.

“Whale Coast Conservation is besonder trots op hierdie leerders, en hulle onderwysers, wat hard aan die projek gewerk het en uitstekend presteer het,” sê dr Anina Lee, Bestuurder: Kommunikasie en Openbare Betrekkinge.

“Ons opvoeders, Sheraine van Wyk en Shirley Mgoboza, het die drie skole onlangs besoek om die leerders en hul onderwysers van elke skool persoonlik geluk te wens en die sertifikate te oorhandig.”

Skole voel sterk oor bewaring

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant