Kwajongens voor hof

Kwajongens voor hof

Gansbaai Courant

Haarknipper

Goliath McKlein (42) is na goeie speurwerk van die plaaslike SAPD opgespoor en verlede Woensdag, 25 Januarie 2017, gearresteer nadat hy met ‘n haarknipper in sy hand betrap is. Die voorval het in ‘n badkamer in ‘n huis in De Kelders plaasgevind.

Hy het vermoedelik toegang tot die huis verkry deur ‘n motorhuisdeur wat half-oop gestaan het.

Die eienaar van die huis was in die tuin besig en geskok-verbaas toe hy die vreemdeling in sy badkamer aantref. McKlein het op vlug geslaan.

Hy het Vrydag, 27 Januarie in die Hermanushof verskyn op aanklag van diefstal.

Huissleutels “per abuis” in posbus

In nog ‘n voorval het Fabian Joemat (21)  op ‘n klag van  huisbraak op 24 Januarie in die Hermanus-hof verskyn. Hy het na bewering ‘n onbewoonde huis in De Kelders onwettig betree.  By ondervraging deur ‘n vriend van die huiseienaar, het Joemat na bewering gesê hy het die huis se sleutels “per abuis” in sy posbus gekry en wou dit persoonlik aan die eienaar terug besorg.

Na verdere ondersoek is bevind dat Joemat onwettig in die Wendy-huis op die perseel woon.

Hy woon vermoedelik saam met twee ander vermeende inbrekers waar hulle na bewering die Wendy-huis gebruik om gesteelde goedere te berg.

Kwajongens voor hof

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant