Anita word 70 en staan vir 'n slag opsy vir groot bederf

Anita word 70 en staan vir 'n slag opsy vir groot bederf

Gansbaai Courant

Wat aanvanklik bedoel was om ‘n rustige viering van haar 70ste verjaardag te wees, het vir Anita Botha van De Kelders omgeswaai na ‘n pragtige funksie wat Donderdag, 26 Januarie 2017 in die Birkenhead Boothengelklub se saal gehou is.

Anita het Maandag, 23 Januarie 2017 haar 70ste mylpaal bereik en haar jarelange vriendinne het voet by stuk gehou: “Daar sal ‘n behoorlike funksie gereël word!”

Hul argument was dat Anita oor ‘n tydperk van sowat  12 jaar altyd bereid was om almal te help - van saalversiering en koekies bak tot by die voorbereiding van etes, hulpverlening met persoonlike funksies en selfs munisipale expo’s.

Van dié expo’s gepraat:  Kat Myburgh van Gansbaai munisipaliteit, wat saam met sy eggenote, Mariaan ook teenwoordig was, maak gereeld die opmerking: “Ai Anita, jy mag nie nee sê nie, maar daar is alweer ‘n munisipale expo in Hermanus wat jy vir my moet doen!”

Nooit het iemand die woorde, “nee, ek het nie tyd nie”, uit haar mond gehoor nie.

Haar vriendinne het saamgestaan en haar bederf met ‘n behoorlike feestelikheid.  Gaste is getrakteer op ‘n smaaklike osstertbredie en bykosse, met heerlike nagereg. Niks is agterweé gelaat nie en alles was ‘n geskenk aan hierdie formidabele vrou wat al so baie opgeoffer het vir haar gemeenskap.

Amanda le Roux en Marie Reid het aan die stuur van sake gestaan en al wat hulle vir Anita gelaat het om te doen – bloot omdat dit haar liefde is – was om haar eie saal te versier vir haar verjaardagfees.

Selfs die klub se kroegman, Ralph Gibbs, het sy dienste as ‘n “geskenk” aan Anita gegee. 

Anita se seun van Pretoria het onder andere die saal se huur as ‘n geskenk vir die groot aand gegee.

Wat die aand vir die verjaardagvrou nog meer kosbaar gemaak het, was dat Raymond Rabe sy Musiekfabriek as verjaardaggeskenk bedryf het.  Raymond is die Birkenhead Boothengelklub se voormalige “Man agter die Musiekfabriek”.

Dit was Raymond se eerste openbare optrede nadat hy albei sy bene en van sy vingers ná ‘n lang siekbed verloor het weens ‘n virus-infeksie.

Anita se vriende het teruggegee wat sy oor jare uitgedeel het:  respek, liefde, ondersteuning en drukkies. Anita sal op 7 Julie vanjaar 43 jaar met die “oom van die koerant”, Hardus Botha van Gansbaai Courant getroud wees. 

Die egpaar spog met ‘n seun, Willem en skoondogter, Marelize in Pretoria en is baie trots op hulle drie kleinkinders, Abigail (10), Simeon (8) en Clarabell (6). Hulle het ook ‘n aangenome seun wat al 35 jaar lank deel is van hulle familie, nl Etienne le Roux en sy eggenote, Alta.  Die egpaar se  dogter, Alice (19) is Har-dus en Anita se kleindogter waaroor onlangs in die Gansbaai Courant berig is.  Sy presteer uitstekend as ‘n professionele ballerina.

Anita se verjaardaguitnodiging het gelui: “Niemand moet geskenke koop nie. Op 70 en ná 43 jaar se getroude lewe weet niemand wat om te koop nie.” Sy het versoek dat vrywillige donasies ten bate van BARC in ‘n houer gegooi moet word.

‘n Stewige bedrag van R2300.00 is ingesamel, wat vir groot vreugde en dankbaarheid by Annalie Jonker van die liefdadigheidsdiere-organisasie gesorg het.

“Ons groot behoefte tans is om ons bakkie, wat nou gereelde herstelwerk benodig, te vervang,” het Annalie gesê. Vir enige finansiële hulp in hierdie verband kan Barmhartige Samaritane vir Annalie skakel by 082 826 0631.

Anita word 70 en staan vir 'n slag opsy vir groot bederf

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant