Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Donkiejare terug vang ek ‘n vis wat ek op daardie stadium gedink het ‘n natuurfrats is. Op sy kop was iets wat soos ‘n bek gelyk het, met tande en ‘n “gorrelpyp”. Boonop was daar ‘n “slurp” vooraan sy kop wat jou herinner het aan die voorwiel van ‘n vliegtuig.
Daarna vang ek een sonder die snaaksigheid op die kop, en dit het my laat dink. Intussen slimmer geword en die vis geëien as ‘n ‘elephant fish’, ook bekend onder andere as ‘n St. Josefhaai. Die ander eienaardigheid was dat geeneen (selfs manne komende vanaf die weskus) daarvan bewus was dat daar twee tipes van hierdie haaie is nie. Tot vandag sukkel baie mense om duidelik te antwoord op enige vrae in die verband. Die antwoord op my navraag was gewoonlik, “almal het die bek op die kop” of, “almal het dit nie”!
Toe was ek eendag heel gelukkig om hier by ons, albei die spesie op een dag te vang. Verwys gerus na die foto.
Na foto’s geneem is, is daar kontak gemaak deur middel van Gansbaai Courant met dr Compagna van die Kaapse museum. Die gevolg was ‘n artikel in die Gansbaai Courant van 19 April 2002 waarin ‘n baie volledige beskrywing van hierdie vis gegee is.
Ek het intussen vasgestel dat in van die visboeke daar ook na hierdie visse verwys word, maar volgens my is dit nie baie beskrywend nie. Toe die nodige inligting gestuur is aan Veldfokus was die resultaat dat dit buite hulle belangstellingsveld val.
Ander eienaardighede is: dis die mannetjie met die ekstra “bek”, wat eintlik gebruik word as vashoumeganisme om met die wyfie te paar. Wonder nogal hoe hy dit regkry met die wyfie wat sekerlik “op sy kop sit”! Hierdie vis is, volgens dr Compagna, baie primitief en vir die afgelope een miljoen jaar bykans onveranderd.
O ja, die doel van die slurpneus -- hy slurp water hiermee na sy kieue. Die vis word ook aan die weskus deur netvissers getrek aangesien die filette oorsee baie gewild is.
Indien jy dus in die toekoms hierdie vis vang, herken die mannetjie aan die “bek” op die kop -- en onthou, dis ‘n woelige vis om te vang, en (jammer vir jou, vissie) hy smaak glo lekker.
Baie groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...