Britse weldoener in botsing

Britse weldoener in botsing

Gansbaai Courant

Die “Engelsman” wat Gansbaai jaarliks vanuit Brittanje besoek en as die dorp  se  Barmhartige Samaritaan bekendstaan, was verlede Sondag, 5 Februarie 2017, in ‘n motorongeluk in Hoofstraat betrokke.

Jack Doyle het vir aankomende verkeer gewag, toe hy omstreeks 10:00 by Gansbaai OK Foods wou indraai. Hoewel die flikkerlig van die huurmotor waarin Jack gery het, aangeskakel was, het ‘n blou Toyota na bewering teen ‘n hoë spoed in hom vasgery. Die bestuurder van die Toyota, Sibahle Jebese (32) is kort daarna vir die bestuur van ‘n voertuig onder die invloed van alkohol gearresteer.

By nadere ondersoek is gevind dat Sibahle slegs oor ‘n leerlinglisensie beskik. Hy is dus ook daarvoor aangekla. 

Met ‘n oproep deur Gansbaai SAPD na die Staatsaanklaer in Hermanus is borgtog Maandag, 6 Februarie 2017 aan Sibahle toegestaan. Die verhoordatum sal volg. Hoewel ‘n vreemde praktyk, het Gansbaai SAPD  bevestig dat  borg op dié wyse toegestaan kan word.

Barmhartige Samaritaan

Jack en sy eggenote, Anita, is van Chester Le Street, Engeland en besoek Gansbaai jaarliks gedurende die eerste 3 tot 4 maande van die jaar, waartydens groot donasies aan Gansbaai Primêr, Masakhane Primary School en ander liefdadigheidsorganisasies oorhandig word.

Die fondse vir hierdie buitengewone werk wat hy in ons dorp verrig, is hoofsaaklik afkomstig van fondsinsamelingsprojekte deur die Rotarie-klubs in Engeland waar hy woon.

Britse weldoener in botsing

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant