Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Verdagte, ook ‘n “ou bekende” aan Gansbaai SAPD, Sinethemba Nvengenya (30) van Masakhane, is met behulp van Hugh-Daniel Grobler, Gansbaai se befaamde fotograaf, se sekuriteitskamera vasgetrek.
Die verdagte het Hugh-Daniel se lang aluminium leer gesteel, min wetende dat hy deur ‘n sekuriteitskamera op video vasgelê word.
Gansbaai speurtak se op-en-wakker sp.konst Mpondo het die verdagte as ‘n “ou bekende” inbreker op die videomateriaal herken. Hy is daarna met knap speurwerk op Sondag, 5 Februarie 2017 in Masakhane gearresteer. Tydens ondervraging het hy erken dat hy die leer gesteel het, maar dat hy dit reeds verkoop het. Hy het ook ‘n gesteelde selfoon van Jeanetta Vermeulen van Bon-Bon Materiaal aan die speurders uitgewys.
Sinethemba het Dinsdag, 7 Februarie 2017 in die Hermanushof verskyn en borgtog sal opponeer word op grond van vorige oortredings.
Enige persoon met moontlike inligting oor Hugh-Daniel se leer wat verkwansel is, kan Gansbaai SAPD by 028 384 0201 skakel en vra om met sp.konst Mpondo te praat.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...