Namibiër verdrink in hawe

Namibiër verdrink in hawe

Gansbaai Courant

‘n Man vanaf Walvisbaai, Namibië, wie se naam nog nie bekend gemaak kan word alvorens familie hom nie uitgeken het nie, het Woensdagaand, 1 Februarie 2017 in Gansbaai hawe verdrink.

Hy was saam met ander Namibiërs in Gansbaai om aan bote te werk.

Die groepie het na bewering ná werk “te diep in die bottel gekyk”, wat later die aand tot die man se dood gelei het.

Hy het, voordat sy vriende die kroeg verlaat het, op sy eie na die betrokke boot gestap. Sy vriende het later gevolg.

By die boot aangekom, was hulle verbaas dat hy nie reeds daar is nie.

By nadere ondersoek het hulle sy plakkies in die water sien dryf en Gansbaai SAPD gekontak. Die man is as vermis aangegee en die speurders het ‘n duikspan ontbied wat Donderdag,  2 Februarie 2017 na die liggaam begin soek het.

Die oorledene se liggaam is onder die boot gekry waar hy vermoedelik vasgesit het nadat hy in die water geval het.

Namibiër verdrink in hawe

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant