Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Ek is deel van ‘n groep mense wat besef hoe gelukkig en bevoorreg ons is om langs die see te bly en boonop ‘n boot te besit.
Nou die dag rustig op ‘n stoel gaan sit en my boot bekyk. En tot die besef gekom dat hierdie ou vriend van my so half oor die muur is (waarskynlik is ek ook in min of meer dieselfde kondisie).
Die probleem is dat jy maar noodgedwonge self regmaak, die boot so goed moontlik seevaardig hou en darem nou en dan iets vervang.
Maar, ook maar soos ‘n mens, is die tyd vir reparasies so te sê verby en om te vervang, al opsie in die toekoms (wel, hierdie opsie vir die boot is darem daar). En ek het begin dink…..
Die kans is groot dat wanneer ek die dag nie meer daar is nie, hoe lamlendig ookal, my boot nog daar sal wees en steeds die see sal aandurf. Ek dink nog dieper en sien myself (lankal die gees gegee) in Kleinbaai-hawe rondkuier en die eerste ding wat ek sien is al die veiligheidstoerusting wat aangebring is.
Omtrent tyd. En toe kom my ou boot die hawe in met sy nuwe skipper en “crew”! Onthou, hulle kan my mos nie sien nie.
Die helder oranje van die nuwe verf wat die boot buite-om geverf is laat hom lyk asof hy pas vervaardig is.
Ek besluit om ook in te klim en gaan rustig op die kant van die boot sit en bekyk eers die skipper, ‘n jong man (ek weet dit want net die jonger manne dra wit skipperskeppies).
Die “crew” lyk asof hulle in die prentjie pas. Almal se stokke is in hulle eie houers -- in my tyd het hulle oral rondgelê. Voor pryk die nuutste GPS/visvinder-kombinasie.
Daar is ‘n outydse hout-stuurwiel aangebring. (Dis wat ek altyd wou gehad het). Die ratstelsel wat maar gehawend was, let ek op, is ook vervang.
Daar waar jy dit duidelik kan sien, lees ek; “Help die ankerman trek.”
Hoekom het ek nooit daaraan gedink nie? My oë dwaal na die motors -- lyk splinternuut. Ai!
Die skipper ry nou net op die een motor, op soek na ‘n riffie. Maar hy ry verby een van die plekke waar ek altyd ‘n vissie gevang het. Nie een van sy bemanning is naby hom nie en hy lyk heel verbaas toe iemand in sy oor fluister, “gooi net hier anker”. Wel, ek wou maar net help.
Terug by die werklikheid. Ek sit nog steeds op die stoel en beskou my boot en besluit, oud of te not, ons gaan nog lekker saam kuier.
Groete,
Seemeeu
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...