Ere trofee wink

Ere trofee wink

Gansbaai Courant

Gansbaai Krieketklub se wedstryd  wat Sondag, 12 Februarie 2017 teen Kleinmond gespeel is, kan aan hulle die geleentheid bied om in die Burgemeesterstrofee Finaal deel te neem - mits hulle Kleinmond kan klop.

Die Gansbaaiers het hulle onoorwonne 20/20 Sondagliga-status behou deur Napier Krieketklub  Sondag, 5 Februarie 2017 op Gansbaai se tuisveld met 9 paaltjies te wen.

Gansbaai het Napier gevra om eerste te kolf.

Napier het reeds vanaf die eerste boulbeurt gesukkel om die boulwerk van Gansbaai se boulers baas te raak.

Die beste boulers was Jonathan Doyle (4-0-17-2), Dirk Swart (4-0-25-2) en Ralph-Vino Richter (2-0-9-2).

Gansbaai se goeie boulwerk is ook met goeie veldwerk beloon, met die gevolg dat Napier se kolwers gesukkel het om lopies aan te teken. Napier kon slegs 95/9 in hulle 20 boulbeurte aanteken.

Gansbaai het met gemak die lopies aangeteken, danksy ‘n skitterende kolfbeurt van 61 nie-uit-nie (5x4) en (3x6) lopies deur Melvin Tobias. Daarna teken Gansbaai 98/1 in 13 boulbeurte aan om die wedstryd met 9 paaltjies te wen.

Die krieketspan wil hiermee hul opregte waardering uitspreek teenoor hulle getroue ondersteuners langs die veld.

Nou wag die wedstryd teen Kleinmond wat sal bepaal wie in die Burgemeesterstrofee Finaal gaan speel.

Ere trofee wink

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant