Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Esde Muller (67) van Franskraal se onverwagse afsterwe Vrydag, 10 Februarie 2017 het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur - enkele dae voor haar verjaardag op 22 Februarie.
Dit is bevestig dat sy reeds Vrydag oorlede is, terwyl haar liggaam eers Saterdagaand op haar bed in die woonstel langs haar huis met tekens van ‘n hartaanval gevind is. Sy het nie op oproepe gereageer nie, waarna ondersoek ingestel is.
Esde was vir 8½ jaar by Die Herberg Kinderhuis in Robertson werksaam, waar sy vir die versorging van die kleuterdogtertjies verantwoordelik was. “Esde, beter bekend as Ouma Esde, was ‘n beminde persoonlikheid by ons in die kinderhuis,” het Elsa Perold, Hoof van die kinderhuis, gesê. “Sy was ‘n toegewyde Kinderversorger wat haar werk presies en met deursettingsvermoë gedoen het en haar entoesiasme en opgewekte geaardheid was aansteeklik.”
Sy het einde Januarie vanjaar afgetree en het ingestem om as verteenwoordiger van die NG Vrouediens by Die Herberg Kinderhuis se dogters in Huis E betrokke te raak. Esde sou Susan van Heerden se pligte as verteenwoordiger by haar oorneem. Sy is versoek om verlede Sondag, 12 Februarie, die gemeente rakende haar beplanning tydens ‘n erediens toe te spreek, maar is 2 dae voor dit oorlede.
“Esde was ‘n borrelende entoesiastiese mens en haar onverwagse afsterwe was vir ons almal ‘n groot skok,” het Susan gesê.
Esde se eggenoot, wyle Helgard Muller, is sowat 10 jaar gelede oorlede en het haar met 2 seuns agtergelaat: Daniel van Brackenfell, getroud met Lize-Marie en die egpaar het 2 dogtertjies, Mieke (5) en Nina (2 maande); Helgard van Vredenburg, getroud met Gillian en die egpaar het ‘n seun, Ethan (11) en ‘n dogtertjie, Pearl (7).
Esde laat haar 2 seuns, 2 skoondogters en 4 kleinkinders agter.
‘n Roudiens sal Vrydag, 17 Februarie 2017 om 11:00 in Gansbaai NG Kerk deur dr Lisel Joubert aangebied word.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...