Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die rekords vir rooisteenbras en geelstert het behoorlik gespat tydens Overberg Boothengelklub se deelname aan die Suidlig kompetisie. Die kompetisie het op 27 en 28 Januarie 2017 te Struisbaai plaasgevind. Drie Overbergbote het ingeskryf: Kingfisher, Scarmax en Waypoint 1.
Twee van Overberg Boothengelklub se hengelaars het ‘n geelstert en rooisteenbras se vorige rekords oortref. Wat in gedagte gehou moet word, is dat slegs liggerei van 6kg lyn in die liga gebruik mag word, wat die rekords ‘n nog ‘n groter prestasie maak.
Piet Wessels het die rooisteenbrasrekord na net oor die 14kg laat opskuif. Tim Twine het nie op hom laat wag nie en verbeter die bestaande rekord vir ‘n geelstert na 13.99kg.
Voorsitter Johan van Zyl het nou wel nie ‘n rekord laat spat nie, maar spog ook met ‘n pragtige geelstert van 8.34kg.
Overberg Boothengelklub se twee juniors het besluit dat tuna die “in-vis” is. Divan Burger en Christoff Dahl het elk ‘n pragtige tuna gevang, met Christoff se tuna wat die skaal na 14.61kg laat aanskuif het.
DP Burger spog met 4 verskillende spesies en dit blyk dat dit sy puntetelling mooi kan laat opskuif.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...