Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
AfriForum se Overstrand tak het Saterdag 18 Februarie 2017 'n buurtwag in Gansbaai gestig.
“Die Overstrand area loop die afgelope paar maande gereeld deur onder insidente van georganiseerde misdaad, hoofsaaklik as gevolg van die dwelm- en perlemoen sindikate wat die misdaadtoneel hier oorgeneem het”, sê Thomas van Dalen, Afri-Forum se Wes-Kaapse koördineerder.
Die buurtwag stigting, wat deur 200 gemeenskapslede bygewoon is, is in die Gansbaai NG kerksaal gehou. “Die groot aantal mense wat die stigting bygewoon het, is 'n bewys daarvan dat die gemeenskap van die Overstrand, en in die besonder Gansbaai, keelvol is van die eskalasie van misdaad in ons area”, het Elmarie van Dalen, AfriForum se Overstrand tak voorsitter bygevoeg.
“Ons doelwit met die stig van die buurtwag, is om 'n verlengstuk, asook die oë en ore van die SAPD te wees. Ons is deeglik daarvan bewus dat die SAPD nie oor die nodige mannekrag en hulpbronne beskik om die misdaad in die Overstrand die hoof te bied nie”, het Mark Collings, die organiseerder van die buurtwag stigting afgesluit.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...