'Uitspanners' is kampioen potprutters op TV-kanaal

'Uitspanners' is kampioen potprutters op TV-kanaal

Gansbaai Courant

“Laat die potte prut” - en toe wen Owl’s Pub se span die DSTV program op VIA 147 se potjiekos-kompetisie loshande.

Die program-aanbieder het die eienaar van Owl’s Pub, Jason Blunden, onverwags een Vrydagaand geskakel en gevra of hy in die kompetisie sou belangstel. Jason het die uitdaging aanvaar en die volgende dag moes ‘n naam vir sy span, ‘n plek waar die kompetisie sou plaasvind en die spanlede se besonderhede verskaf word.

Jason se spanlede was Lezelle Jacobs (Owl’s Pub), Boemba Fourie (Visserman op Bella Prima) en Goebels Geldenhuys (Visserman op Vleigans).

“Ons het op die naam ‘Die Uitspanners’ besluit, aangesien daar gereeld by Owl’s Pub uitgespan en ontspan word,” het Lezelle gesê. Die daaropvolgende Woensdag het die span met hul potjies en bestanddele na De Uijlenes vertrek, waar die kompetisie opname sou plaasvind.

Verskeie areas in die Overberg het elk 6 spanne ingeskryf.

Die “Uitspanners” van Owl’s Pub se keuse vir die 4 potjies wat gemaak moes word, was Alikreukel (1), Perlemoen (2), Bokkombrood (3) en Gegeurde rys (4).

Lezelle sê dit was ‘n lang dag wat baie geduld geverg het, maar wat hulle ook baie geniet het, veral om te sien wat alles agter die skerms tydens filmwerk gedoen word.

“Ons het so teen 09:30 begin en alles moes twee keer gedoen word, met kameras die hele dag rondom jou wat maar aan die senuwees geknaag het,” vertel Lezelle.

“Die hele gedoente is eers teen 21:00 die aand afgehandel.”

Sy sê daarna het die ergste deel van die kompetisie gevolg:

Niemand is as wenners aangewys nie.

Die spanne moes wag vir die uitsending van die program op 30 Januarie 2017 op die DSTV-kanaal VIA 147 om te sien wie die wenners was. “Die oomblik toe ons besef die “Uitspanners” het gewen, was ons oorstelp van vreugde en al wat ek vir almal daar buite kan sê, is: As so ’n geleentheid opduik, gryp dit aan en ‘go for it’, dit is ‘n fantastiese ervaring.”

'Uitspanners' is kampioen potprutters op TV-kanaal

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant