Teiken! Rondtes! Vuur! Pistoolklublede oefen hul vernuf

Teiken! Rondtes! Vuur! Pistoolklublede oefen hul vernuf

Gansbaai Courant

Dit is bekende woorde op die skietbaan, insluitend die voorafgaande vereiste en gepaste bevele deur die baanbeampte van Gansbaai Pistoolskietklub, Alec Kitley.

Saterdag, 18 Februarie 2017 het ‘n goeie klompie lede opgedaag vir hul gereelde skietoefeninge op die skietbaan agter Gansbaai Lions se klubsaal.

Pistole en moderne windbukse was aan die orde van die dag. Alec as baanbeampte en Andy Hammond as veiligheidsoffisier het die skuts met arendsoë dopgehou om almal se veiligheid te verseker.

Gansbaai Pistoolskietklub is op 10 Februarie 1994 gestig, met die veteraan, Alec Kitley, wat steeds ná sowat 23 jaar as voorsitter en baanbeampte dien.

Tans is daar sowat 50 klublede, waarvan sowat 20 aktiewe lede is.

Die Bestuur vir 2017 is: Alec Kitley (voorsitter en baanbeampte), Andy Hammond (ondervoorsitter en veiligheidsbeampte), Frans en Corinne (sekretaris) de Wet en Kathy Hammond (tesourier).

Bykomende bestuurslede is Steve Celliers, Adri Wessels, ds Stoney Steenkamp en Dirk Ackermann.

Die klub se oefentye onder die wakende oog van hulle ervare baanbeampte is elke Saterdagoggend vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is welkom.

Navrae om lidmaatskap kan aan die ondervoorsitter, Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of skakel die voorsitter, Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.

Teiken! Rondtes! Vuur! Pistoolklublede oefen hul vernuf

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant