Geen ontsag vir die dood

Geen ontsag vir die dood

Gansbaai Courant

Asof die trauma van naasbestaandes se pa, eggenoot en vriend se skielike dood nie genoeg was nie, het inbrekers dieselfde nag, na afloop van die dag se begrafnis, op ‘n familie in rou toegeslaan.

Die geliefde sakeman van Coffee on the Rocks, wyle Barry Johnson, oor wie se dood die Gansbaai Courant verlede week berig het, se familie is erg geskok na ‘n inbraak Maandagnag by hulle huis.

Die huis, geleë in die gesogte Cliffstraat in De Kelders was vol slapende gaste en 5 motors was in die parkeerterrein voor Coffee on the Rocks geparkeer.

Niemand het die nag  wakker geword nie, maar was die volgende oggend geskok toe hulle ontdek al hulle selfone, skootrekenaars, iPads en ‘n TV-stel is gesteel.

Die inbrekers het toegang tot die huis verkry, deur ‘n klein venstertjie. Gayle Johnson, wyle Barry se weduwee, sê sy kan nie glo dat hulle almal so vas geslaap het nie. 

Vlug gekanselleer 

Haar seun, Guy moes Dinsdag, 28 Februarie terugkeer na sy tuiste in Engeland, maar moes alles kanselleer, omdat sy paspoort gesteel is.

Geen ontsag vir die dood

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant