Vrou se nagmerrie-nag

Vrou se nagmerrie-nag

Gansbaai Courant

‘n Middeljarige weduwee van De Kelders is erg getraumatiseer nadat daar by haar huis ingebreek is.

Mev Margaret McDonnald het die oggendure van 22 Februarie 2017 omstreeks 01:30 wakker geskrik toe drie mans haar slaapkamer binnekom.

Een het op haar bene gaan sit, een op haar rug en die ander een het haar mond toegedruk toe sy begin skree.

Die inbreker het haar gewaarsku dat hy haar keel sal afsny as sy nie stil bly nie.

Om te bewys dat die mes skerp is, het hy haar agter in haar nek gesny.

Een van die mans het al haar kussingslope afgetrek en in repe geskeur.  Hulle het haar enkels en gewrigte daarmee vasgemaak en van die lap in haar mond gedruk.

Daarna het hulle ‘n kussingsloop oor haar kop getrek voordat hulle die kamerlig aangesit het.

Daarna is hulle van kamer tot kamer, waartydens hulle alles uit die kaste gegooi het. 

Hulle het op die kluis se sleutel afgekom en die kluis gestroop van wapens en al haar juwele.

Mev McDonnald is baie hartseer oor die sentimentele waarde van die kosbaarhede wat die diewe buit gemaak het.  Nie alleen het hulle haar man se 25-jaar dienshorlosie gesteel nie, maar ook ‘n goue armband met gelukbringers (charms) wat oor jare versamel is tydens haar en haar man se reise oorsee.

Nadat die rowers die huis geplunder het, het hulle teruggekeer na haar slaapkamer en haar in haar duvet toegerol.

Asof dit nie genoeg was nie, het hulle die duvet boonop met die gordynwegbinders vasgeknoop.

Met die spaarkamer se duvet wat hulle in repe geskeur het, het hulle lang repe gevorm, dit onder die matras deur getrek en haar verder vasgeknoop.

Daarna het alles stil geword in die huis en Mev Mc-Donald het daarin geslaag om haarself teen omstreeks 03:00 los te wikkel.

Sy het haar  buurvrou wakker gemaak en die polisie is ontbied.

Die skelms het weggekom met TV-stelle, selfone, ‘n iPad, rekenaarskerm en digitale fotoraam.  Hulle het toegang verkry deur ‘n klein venstertjie, waarvan hulle die glas verwyder het.

Mev McDonnald waarsku dat hulle eerste onder kussings en matrasse soek om te kyk of waardevolle items daar weggesteek word.

Die polisie ondersoek die saak.

Vrou se nagmerrie-nag

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant