Verslae gelaat ná brand

Verslae gelaat ná brand

Gansbaai Courant

‘n Brand in Dolf en Lena  Europa van Kappertjiestraat in Blompark se agterplaas het die egpaar verslae gelaat.

Die brand het Sondag, 26 Maart 2017 omstreeks 09:30 in ‘n plakkershut (hok) in die agterplaas uitgebreek en binne oomblikke ook die twee houtrondawels  tot as verbrand - selfs die hoenders is doodgebrand.

Die egpaar se huis (regs op die foto), asook Lena se huis (links op die foto) wat haar ma vir haar nagelaat het, het geringe skade opgedoen.

Die 3 geboutjies was bewoon, maar die inwoners kon na veiligheid hardloop en het kort daarna probeer om die vuur te blus.

Gansbaai brandweer was op die toneel, maar die houthuisies het te vinnig afgebrand om iets te kon red.

Van die items wat deur die brand vernietig is, is onder andere beddens, stoele, ‘n kamerstel, ‘n wasmasjien, yskas, linne en komberse,  kinderstootwaentjies, klerekaste vol klere en vele ander alledaagse artikels.

Barmhartige Samaritane wat die Europa-gesin wil ondersteun, kan vir Lena by 082 959 4829 skakel.

“Ons sal so dankbaar wees vir enige hulp, maar veral ook vir stene sodat ons stewiger geboue kan oprig,” het ‘n radelose Lena gesê.

Verslae gelaat ná brand

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant