Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gansbaai VLV het met seer harte afskeid geneem van Suster Johanna Fourie ná haar afsterwe op 18 Februarie 2017 op die ouderdom van 86 jaar.
“Suster Johanna was een van ons oudste lede en ook ‘n ere-lid,” sê Rienie Lüdick, voorsitter van Gansbaai VLV. “Sy was vir 60 jaar ‘n entoesiastiese en beminde lid van ons en haar plekkie gaan beslis leeg wees.”
Gansbaai VLV het 2017 in alle erns begin, met Valentynsdag en hul eerste byeenkoms wat baie goed afgeloop het. “Baie gaste het ook ons byeenkoms bygewoon en ons sien uit na ons volgende byeenkoms.”
Maartmaand se byeenkoms is vir Dinsdag, 7 Maart 2017 om 15:00 geskeduleer. Dié vergadering sorteer onder die VLV se Leefstylportefeulje. Miempie du Plessis het 3 beamptes van Korrektiewe Dienste, Maureen Voight, Elna Nel en Duifie Kapp, genader om pragtige borduurstukke, wat deur vroulike gevangenisse gemaak is, te kom uitstal.
“Hierdie borduur projek was deel van ‘n rehabilitasie program om vroue in die gevangenis in staat te stel om nuwe vaardighede aan te leer om later weer as ‘n aanpasbare vrou in die samelewing opgeneem te word.
“Miempie will also be demonstrating a layer salad and we will be entertained by ‘n monologue written by Carien Badenhorst on Adaptable Women. We once again invite one and all to come and enjoy a lovely afternoon with us.”
Belangstellendes wat graag deel van Gansbaai VLV wil word, kan by die volgende byeenkoms kom inloer om kennis te maak. Vir meer besonderhede kan Rienie Lüdick by 081 443 8248 gekontak word.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...