Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Op die oog af lyk alles wel in ons dorp, maar mense wat weet wat werklik op maatskaplike vlak die geval is, sit skouer aan die wiel om die ratwerk van hul onderskeie organisasies te laat draai.
Een van hierdie organisasies is Solidariteit Helpende Hand met Maretha Geldenhuys as voorsitter van die Gansbaai-tak.
Sy word bygestaan deur Allan Scheepers (ondervoorsitter), Melody Scheepers (tesourier), Engela Kruger (sekretaresse) en Sonia Rogers (addisionele lid).
Helpende Hand is betrokke by armoede verligting en het 120 takke regoor Suid-Afrika.
Hulle fokus op armoede verligting, armoede voorkoming en armoede verbreking, asook opheffing, opleiding en maatskaplike ondersteuning.
Die organisasie is in 1949 gestig om die armoede krisis na die Tweede Wêreldoorlog te verlig.
Vandag ontvang Helpende Hand geen staatsibsudies nie en ook nie geldelike bydrae van enige ander organisasies soos die nasionale lotery nie. Hulle is totaal afhanklik van donateurs.
In 2014 kon hulle 7 500 mense voorsien van voedsel en opleiding en 5 400 kinders het voordeel getrek uit voedingskemas.
Helpende Hand help weerlose kinders, bejaardes en werkloses onder andere deur die Kosblikkieprojek, Bemagtig‘n-Kind-projek en Oupa-en-Ouma-projekte.
Die takke bestaan uit vrywillers en werk baie nou saam met maatskaplike werkers en kindersorgorganisasies. Die takke skep ook hulle eie beursfondse en bevorder informele werkskepping.
Maretha nooi mense om hul harte en hande oop te maak en by die landwye debietorder-ondersteunerspan aan te sluit wat getrou elke maand R50 bydra. Maretha sê dat dit ‘n reuse verskil aan hul werklading maak.
Die Gansbaai-tak sit egter nie handjies gevou en wag vir geld nie.
Hulle reël ‘n konsert vir 1 April vanjaar, waartydens Manual Escorcio en Belia hul ‘Sy en Satyn’ duet konsert gaan opvoer.
Belangstellendes kan solank hul kaartjies by Maretha bespreek. Haar nommer is 082 805 396.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...