Krieketnuus

Krieketnuus

Gansbaai Courant

Gansbaai het die afgelope Sondag hulle onoorwonne status in die 2017 Sondagliga 20/20 behou, deur Stanford met 5 paaltjies te wen.  Gansbaai het daarmee ook seker gemaak dat hulle in die finaal op 2 April op hulle tuisveld (Gansbaai sportgronde) gaan speel.

Stanford Krieketklub het eerste gekolf en het geen weerstand teen Gansbaai se goeie boulwerk gebied nie.  Hulle is almal uitgeboul vir 36/10 lopies in 13.1 boulbeurte.

Gansbaai Krieketklub se beste boulers was Dirk Swart (3-0-16-4); Gurshwin Davids (3-0-8-3); Christo Swart (4-0-8-2); Hennie Schreuder (1.1-0-4-1) en Driaan Kriel (2-2-0-0).  Stanford se beste kolwer was Henry Pieters met 8 lopies.

Gansbaai het toe gaan kolf en was ook gou in die moeilikheid op 22/4, maar Dirk Swart met 16 lopies nie uit nie, het die wenlopies in die negende boulbeurt aangeteken.  Gansbaai Krieketklub eindig op 39/5 na 8.1 boulbeurte.

Gansbaai Krieketklub bedank hul getroue ondersteuners en hoop om hulle weer Saterdag, 2 April langs die veld te hê.

Heinrich Vermeulen

Krieketnuus

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant