Misdaad neem onstellend toe

Misdaad neem onstellend toe

Gansbaai Courant

Man in straat geskiet

Die liggaam van ‘n vermeende perlemoenstroper is Maandag, 20 Maart, in Londonstraat, Eluxolweni, ‘n informele nedersetting  langs Pearly Beach, deur gemeenskapslede gevind.

‘n Span van Gansbaai SAPD het hulle na die toneel gehaas.

Lede van die gemeenskap het bevestig dat hulle skote gehoor het, waarna hulle die liggaam in die straat gevind het.

Die oorledene is as Wayne Cloete (36) geïdentifiseer.

Hy is vier keer geskiet - vermoedelik met ‘n handwapen, en is op die toneel dood verklaar. Sp.Konst R Pieterse hanteer die saak.  Enigiemand met inligting wat verband hou met die saak kan haar skakel by 028 384 0201.

Gewapende roof

‘n Poging tot gewapende roof op Menseregtedag, 21 Maart  by die Sea Star Lodge-gastehuis in De Kelders, is gefnuik. 

Volgens Mark Collings, sameroeper van die Groter Gansbaai Buurtwag het drie tot vier persone toegang tot die huis verkry.  Een van die gastehuisbestuurders het op hulle afgekom en gegil.  Haar verloofde het haar te hulp gesnel, waarna die mans op vlug geslaan het.

Enigiemand wat die polisie in die verband kan help  met inlligting, kan Adj.Offisier Grové skakel by tel 028-384-0201.

Inbrake

Verskeie gevalle van inbrake is gedurende die afgelope naweek aangemeld. Daar was onder andere gevalle van huisbrake en motor-inbrake in Pearly Beach, Gansbaai, Perlemoenbaai en De Kelders.

Motorinbraak: Riaan Senekal van Andrewstraat in Gansbaai, se motordeur is Woensdagnag, 22 Maart met ‘n ystervoorwerp oopgebreek. Die motorradio, luidsprekers, kontant en los artikels is gesteel. Die motor was voor Riaan se slaapkamervenster geparkeer.

Die booswigte het daarna hul aandag na die huis verskuif en ‘n selfoon en krultang deur ‘n klein venstertjie van ‘n slaapkamer gesteel.

Die skade, sonder die koste van die motordeur, beloop sowat R5 000.

De Villiersstraat: ‘n Vrou wat haarself snags in haar kamer toesluit uit vrees vir inbrake, moes tot haar skok die volgende oggend sien dat daar in haar huis ingebreek is. TV-stelle en ‘n skootrekenaar word vermis.

Perlemoenbaai: Cliffie Engelbrecht van Seegansslot was Dinsdagoggend, 21 Maart, ‘n slagoffer toe daar by sy motorhuis ingebreek is. Die inbreker het die diefwering met geweld uitgebreek, ingeklim en daarna die kombuisdeur van binne oopgesluit, skynbaar met die plan dat hy vinnig kan wegkom.

Hy het artikels uit die sitkamer na buite gedra, waarna hy na Cliffie se slaapkamer beweeg het.

Die inbreker is ingewag met dié woorde: “My pistool is in my hand en vandag skiet ek jou!” Die inbreker het op die vlug geslaan en oor die betonheining van die erf gespring.

Groter Gansbaai Buurtwag

Mark Collings, sameroeper van die Groter Gansbaai Buurtwag, het gesê ondanks die voortgesette misdaad-patroon, kry hulle steeds nie voldoende samewerking van huiseienaars om by Afri-Forum en die Groter Gansbaai Buurtwag aan te sluit nie.

“Lidmaatskap by AfriForum hou verskeie voordele vir die bedryf van die buurtwag in,” het Mark gesê.

Mark doen ‘n beroep op inwoners om aan te sluit. Belangstellendes  kan hom skakel by 074 465 1058 of stuur ‘n e-pos aan hom by markcollings@webmail. co.za.

Misdaad neem onstellend toe

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant