Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die gesogte Lions Light-house to Lighthouse bergfietsren word oor die naweek van 8 en 9 April aangebied.
Dit is die 17de keer dat Gansbaai Lionsklub die rit aanbied. Deelnemers kan hul gereed maak vir pragtige natuurtonele wanneer hulle deur natuurreservate en plase waar die gewone burger nie normaalweg toegang kry nie, gaan fietstrap.
Die Lions bied die wedren aan ter stywing van dié diensorganisasie se fondse.
Fietsryers wat nie kans sien vir die afstand nie, kan slegs die Saterdag-enkelroete van Danger Point tot by Agulhas doen.
Daar is vier waterpunte op die roete en deelnemers slaap Saterdagaand in Agulhas-karavaanpark, vanwaar hulle weer die volgende dag terug ry.
Die Lions sal sorg dat ryers se tente van Gansbaai na Agulhas en terug vervoer word. Enkelritdeelnemers se voertuie sal ook in Agulhas besorg word, sodat hulle daarmee kan terugkeer. Meer besonderhede oor die fietswedren kan verkry word van Pieter de Villiers by 083 628 9826 of op www. roag.co.za of op hul Facebook-blad: Gansbaai Lions Club.
Ondersteun die Lions
Die Lionsklub nooi mense wat betrokke wil raak by hul gemeenskap, om by sy vergaderings te gaan inloer.
Die volgende vergadering vind Dinsdagaand, 4 April plaas. Skakel Boats van Staden by 072 789 3627 vir meer besonderhede.
Operation Bright Sight
Die Lions is bekend vir die goeie werk wat met Opera-tion Bright Sight gedoen word. Mense met swak sig, wat dit nie kan bekostig om ‘n bril aan te skaf nie, word deur die Lions gestuur vir ‘n oogtoets en ‘n bril, waarvoor die organisasie betaal.
Kospakkies
Die Lions help ook met kospakkies waar hulle bewus is van nood en voorsien op ‘n maandelikse basis voedsel aan die Elim-kinderhuis, Laerskool Okkie Smuts en werk nou saam met pastoor Frikkie Zeelie.
Soos wat die 19 aktiewe lede al agtergekom het, raak die lewe lekkerder hoe meer jy van jouself gee. Is dit nie tyd dat jy uitreik nie?
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...