Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die dorp se inwoners en besigheidseienaars het hulle mes in vir misdadigers.
Nie alleen is die whatsapp-groepe uiters effektief in die bekamping teen misdaad nie, maar dit skerp ook die lede se waarnemingsvermoë op.
Volgens inligting wat die Gansbaai Courant verkry het, is ‘n minderjarige meisie Maandagaand om die nek gegryp en haar selfoon is by haar afgeneem.
Die misdadiger het weggekom, maar na bewering word hy met ander sake wat voertuigdiefstal en verkragting insluit, ook verbind.
Die polisie kon dit nie bevestig nie.
‘n Baie suksesvolle whatsapp-groep in ‘n ander deel van die land, het gister die volgende wenke deurgegee: Ken jy jou man/vrou/kind se selfoonnommer uit jou kop uit? Wat sal gebeur as jou selfoon gesteel word en jy moet dringend bel van ‘n ander foon af?
Begin dadelik om dit te memoriseer.
… en na aanleiding van ‘n plaasaanval vroeg Maandagaand in die Bloemfontein-area, die volgende wenke: Voor jy jou huis verlaat, kyk deur die vensters of dit veilig is om uit te gaan. Is daar nie vreemdelinge op die erf nie?
Voor jy die hek oopmaak, kyk eers op en af in jou straat. Is dit veilig?
Terwyl jy werk toe ry: wees oplettend. Rapporteer verdagte omstandighede of mense.
Sluit jou huis se deure, maak die vensters toe wanneer jy gaan slaap, stel jou alarm, onthou om die motorhuisdeure toe te maak en te sluit. Moenie items laat rondlê wat boosdoeners kan gebruik om by jou huis in te breek of as ‘n wapen teen jou of jou diere te gebruik nie.
Inwoners se oplettendheid is daardie ekstra oë en ore vir die polisie en sekuriteits-maatskappye.
Sluit aan by jou buurt se whatsapp-groep en sluit aan by die Groter Gansbaai Buurtwag. Belangstellendes kan die sameroeper, Mark Collings skakel – 074 465 1058 of stuur ‘n epos na markcollings@webmail.co.za
Is jy deel van die oplossing? - sluit aan by jou groep –
Gansbaai: Hugh-Daniel Grobler – 072 352 7776
Perlemoenbaai: Johan Pieterse – 082 876 7700 - Addisionele nommer: Lawrence Badenhorst – 083 691 6504
Franskraal Buurtwag: Willem van der Merwe – 083 791 8497
Kleinbaai: Janine Taylor – 082 499 0222
De Kelders: Mark Collings – 074 465 1058
Pearly Beach: Johan du Toit – 072 627 9535
Pearly Beach Oord: Theuns Scholtz 082 379 0462
Baardskeerdersbos Plaaswag: Japie Swart 082 325 8530
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...