Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die Bietoubossers het besluit om tydens hulle byeenkoms van 14 Maart 2017 “na groener weivelde te gaan soek” - by Groeneweide Kwekery.
“Daar aangekom, was dit nie net ‘n gekuier en versnapperinge geniet nie, maar die vroue kon ook leer hoe om hul kustuine bietjie op te kikker,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai.
Derek Zeller het as gasspreker waardevolle tuinbou kennis met die 42 vroue gedeel.
Die vroue het eenparig gekla oor die arm kusgrond waar hulle moet tuinmaak. “Mulch, mulch, mulch!”, was Derek se eerste reaksie. “Blare, basse, stukkies hout en ook grond-bedekkers kan alles benut word sodat die kusgrond vog kan behou.”
Derek het hulle meegedeel dat die tyd nou reg is om struike te snoei sodat dit in die lente op hul mooiste kan vertoon. Die proses van snoei vir optimum resultate is stap-vir-stap deur Derek verduidelik. Elizma sê die vroue was beïndruk met Derek se vaardigheid met ‘n snoeisker.
Die vroue het ook die voorreg geniet om saam met Derek en Mathilde Roos deur die kwekery te stap waar plante en struike vir verskillende omstandighede aanbeveel is.
Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is 11 April 2017 om 10:00. Navrae kan aan Elizma de Lange by 028 384 1963 of 082 511 2743 gerig word.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...