Belia sing op haar kinderverhoog

Belia sing op haar kinderverhoog

Gansbaai Courant

“Belia praat aanhoudend vir honderde kilometers lank wanneer hulle op toere gaan”, skerts Manuel Escorcio met sy sangmaat, Belia Lourens.  Die sangpaar het Saterdagaand die 120ste konsert waarin hulle saam opgetree het, in die Pretoriussaal aangebied ten bate van Gansbaai Helpende Hand.

Belia, ‘n oud-Gansbaaier, het die gehoor aan haar voete gehad met haar suiwer sopraanstem.

Dit was vir Belia ‘n baie spesiale aand op die verhoog, want dit was op daardie einste verhoog waar sy die hoofrol in ‘n paar laerskool-operettes vertolk het. Laggend vertel sy van haar rol as Sneeuwitjie.  Haar juffrou het gekla dat sy nie oortuigend val wanneer sy aan die appel verstik nie.  Een aand tydens ‘n vertoning val sy meesterlik neer, maar bly lê.  Haar medespelers moes tot almal se ontsteltenis uitvind dat Belia haar wind uit geval het en die vertoning moes vir ‘n wyle gestaak word.

As een van vier dogters van wyle Sarel en Cecile Vermeulen, het sy goeie herinneringe aan die klein vissersdorpie wat baie na aan haar hart lê – soos vis en ‘tjips’ eet agter die ligtoring op die lang muur.  

En Manuel, van Portugees-Mosambiekse afkoms, voeg by:  Wat sou hierdie land gewees het sonder ’fish and chips’ uit die “Porra” se winkel!

Belia vertel van die laaste oujaarsaand saam met haar pa: die saamsing en vrolike kuier.   Vyf dae later is hy op die Pearly Beach-pad in ‘n tref-en-trap ongeluk doodgery.

Die datum 5 Januarie 1998, is in haar lewenslyn ingegrafeer.  Dit was tydens haar pa se begrafnis, toe sy die lied ‘Jerusalem’ solo gesing het, dat sy besef het die deurmekaar legkaartstukkies van haar lewe het in plek geval.

Haar sangloopbaan het vlam gevat en na 350 konserte saam met Dr Frans van Rensburg  het sy Manuel Escorcio genader om saam met hom as sangmaat op te tree.  Die towerwoord wat haar deur na hom oopgemaak het, was ‘Magdalena Fourie’, befaamde musiek-dosent van Stellenbosch by wie sy sangopleiding ontvang het. Die res is geskiedenis…

Manuel, met sy Portugese aksent, praat van haar as “die ligstraal wat op my kop geval het. Reguit uit die hemel.”

Belia woon deesdae in Porterville saam met haar man, Piet Lourens.  Hulle het twee dogters en sy is baie trots daarop om ‘n ouma van ‘n seuntjie te wees en opgewonde oor die enetjie – ook ‘n seuntjie - wat op pad is.

Belia sê sy is baie trots op Gansbaai.  Oral waar hulle in die land optree, weet mense van Gansbaai, maar nie almal weet van Porterville nie!

Belia en haar man ontspan graag by hulle vakansie-huisie in Pearly Beach.

Belia sing op haar kinderverhoog

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant