Draad-vywer

Draad-vywer

Gansbaai Courant

By ons is ‘n paar manne wat Stilbaai goed ken en die volgende baie interessant sal vind.

Johan Beukes wat daar groot, oud (en mooier!) geword het en nog steeds daar woonagtig is, het my oor die volgende feite ingelig  --  aan Stilbaai Oos se kant lê die Preekstoel-vakansiekamp. So ent verder aan vind jy die Cronje-vywer, waar Johan dikwels in die verlede gehengel het.

Hy het George Cronje, na wie hierdie vywer vernoem is, baiemaal sy vragmotor sien afpak en aan die werk spring. Daar is geen los klippe nie en om ‘n vywer te vorm het George twee pale, so 15 tree uitmekaar daar geplant met ‘n geharde ogiesdraad tussen-in.

Dit, tesame met die rotsriwwe alkant, het dus ‘n vywer gevorm en op volmaan, laagwater die oggend, is daar op die gewone manier deur middel van ‘n brandende fakkel en skepnet, krakers, kabeljou, pens-en-derms, elwe en somtyds ook galjoen, geskep.

Die draad moes, as gevolg van roes, kort-kort vervang word en of daar nog deesdae enige van hierdie gemaakte vywers te bespeur is, is ‘n ope vraag.

Dit maak egter deel van die geskiedenis uit. Boonop is hierdie area vir ‘n paar kilometer deesdae ‘n reserwe waar geen hengel toegelaat word nie.

Ek wil net byvoeg dat jy in daardie wêreld rond hier by Julie/Augustus galjoen vang wat enige ander galjoen sal laat skaam kry. Daar kan geen ander braaivis wees wat so vet is en so lekker braai nie. Dis in elk geval soos ek dit onthou. Eendag is eendag dan gaan ek hulle weer haal!

Hier’s ‘n goeie wenk om lokaas vanaf ‘n boot te probeer: gebruik ‘n lemoen- of kreefsakkie. Plaas ‘n redelike gewig onderin en dan die fyn lokaas. Bind nou die houer toe en prakseer ‘n sirkeltou of ring waarmee die aas via jou ankertou na benede kan gly. Die lokaas behoort na die boot se kant te versprei.

Probeer gerus.

Groete,
Seemeeu

Draad-vywer

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant