Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
“Ons het Vrydag, 7 April vanaf Kaapstad hier aangekom vir wat ons gedink het ‘n veilige en gesellige ruskans gaan wees,” het ‘n verslae Tabassum Aleem, aan ons verslaggewer, Hardus Botha gesê. Aleem het as woordvoerder van ‘n groep opgetree wat verlede week by ‘n vakansiehuis in Kleinbaai onder misdadigers deurgeloop het.
Die groep van ses vroue en ‘n jongman van die maatskappy, The Jupiter Drawing Room Cape Town, het geweldige groot verlies gelei nadat hulle Maandagaand, 10 April 2017 besteel is.
Die huis in Kabeljoustraat, Kleinbaai, behoort aan die maatskappy waar die groep werksaam is.
Hulle was besig om vleis te braai in die boonste verdieping van die huis. Die skuifdeur op die onderste vlak was nie gesluit nie.
Terwyl hulle gesellig verkeer het, het die diewe maklik en ongestoord toegang deur die skuifdeur verkry. Die deur het direk na die een slaapkamer gelei, waar waardevolle artikels deur die gaste neergesit is.
Onder andere is ‘n handsak met 'n bedrag kontant, ‘n kamera, duursame juweliersware, ‘n beursie, oorfone en bankkaarte daarin gesteel. ‘n Skootrekenaar ter waarde van ongeveer R20 000 en 2 selfone is ook geneem.
Die skootrekenaar se sak en van die bankkaarte is later buite in die erf opgetel waar dit neergegooi is.
Speel selfs met katte
Vakansiegangers word veral gewaarsku dat hulle steeds paraat moet wees teen misdaad terwyl hulle ontspan.
Dit kom voor asof skelms op hul gemak is wanneer hulle ‘n huis teiken.
So ‘n skelm het sowat ‘n week gelede selfs met die katte buite in ‘n erf gespeel terwyl hy homself aan bykans R18 000 se gereedskap in ‘n garage gehelp het.
Dit het in die nagtelike ure in Kusweg, Kleinbaai gebeur, terwyl die huisbewoners geslaap het.
Hy het die garagedeur met ‘n koevoet oop forseer.
Volgens inligting verkry vanaf die sekuriteitskamera, was die kwajonger vir bykans ‘n uur op die werf in die omgewing van 02:30 die oggend.
Dit blyk asof die skelm ‘n kakiekleurige uniform aangehad het met lapelle op die skouers en blink gepoleerde skoene.
Nog inbrake
Tussen 1 en 9 April was daar ‘n inbraak in Perlemoenbaai, 3 inbrake in Franskraal en 3 inbrake in Pearly Beach gedurende die naweek.
Arrestasie
Die SAPD het inligting opgevolg en ‘n verdagte gearresteer wat in Januarie by ‘n motor ingebreek het.
Die inbreker het sleutels van ‘n vakansiehuis bekom wat in die motor was.
Lede van Gansbaai se uniformtak het van die vermiste artikels teruggevind, asook ‘n veiligheidshek.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...