Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Man van Franskraal het vandeesweek ‘n oproep op sy huistelefoon ontvang.
Die dame wat hom geskakel het, het gesê sy is van ‘n groot handelsbank se kredietkaartafdeling. Sy het die man op sy naam genoem en gevra of hy sy kaart die oggend gebruik het, waarop hy “nee” geantwoord het.
Sy lig hom toe in dat iemand geld uit sy rekening getrek het, via ‘n internettransaksie om dollers mee te koop en dat sy die transaksie wil stop en omkeer.
Die man ontvang gewoonlik sms-boodskappe indien daar transaksies gedoen word op sy rekenaar en hy sê toe vir haar dat hy geen boodskappe van die bank ontvang het nie.
Sy vra hom na sy selfoonnommer, wat hy toe vir haar gee.
Daarna lig sy hom in dat hy na sy kaart moet kyk, aangesien dit verval het en aan haar die sekuriteitskode agterop moet verskaf sodat sy die transaksie kan kanselleer.
Die man sê dat sy so oortuigend was, dat hy dit byna vir haar gegee het.
Hy sê toe vir haar dat hy eerder gou bank toe sal gaan om te hoor wat aangaan.
Sy lig hom toe weer baie selfversekerd in dat die bank reeds gesluit is vir die dag.
Sy dring toe weer daarop aan dat hy die sekuriteitskode verskaf, sodat sy hom kan help om sy geld terug te kry, waarop hy geweier het.
Die vrou het haar humeur verloor en gesê dat hy dan maar moet aflui en dat dit sy probleem gaan wees as hy nie sy geld terugkry nie.
Ons waarsku ons lesers om bedag te wees op sulke oproepe.
Geen bank sal ooit jou sekuriteitskode aanvra nie. Dit is slegs daar vir eie gebruik en die beskerming van jou bankrekeninge.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...