Ryers geniet Lions-wedren

Ryers geniet Lions-wedren

Gansbaai Courant

Ten spyte van gure weerstoestande, sterk wind en reën, het 22 fietsryers Saterdagoggend weggespring om aan die ‘Lighthouse to Lighthouse’ bergfiets fondsinsamelingsresies deel te neem wat jaarliks deur Gansbaai Lions klub aangebied word.

Hierdie wedren van 96km na die Aghulhas lighuis en 96km terug na die Danger Point lighuis by Gansbaai, is vanjaar op 8 en 9 April, vir die 17de keer aangebied.

Die eerste been het Saterdagoggend om 07:00 begin vanaf Dangerpoint.

Dag twee het hulle om 08:00 weer weggespring vanaf Agulhas lighuis.  Die keer het die weer saamgespeel en die manne en vroue kon pragtige weer en die mooi natuurskoon behoorlik waardeer wat hierdie wedren so uniek maak.

Die manne wat voor gery het, het werklik gewys hoe ‘n bergfiets gery moet word.

Almal het die wedren veilig voltooi waaroor die Lions klublede baie dankbaar is. Die Lions president Marietta Hatting en haar span is ook baie dankbaar vir elke deelnemer wat ingeskryf het en hierdie fondsinsamelingswedren ondersteun het. Hierdie bydrae stel hulle in staat om weer uit te reik na die behoeftiges in die Gansbaai gemeenskap. Al die fondse wat ingesamel is, word net so weer teruggeploeg in die gemeenskap.

Die Lions is ook dankbaar vir die goeie reëlings van Gansbaai se verkeersafdeling, asook Overstrand Medical Response, Secma Sekuriteit en elke instansie wat bygedra het om van die twee dae ‘n sukses te maak. Gansbaai Superspar het die klub soos elke ander jaar ondersteun en vanjaar se R6000 bydrae word hoog op prys gestel. Tersius Smit van Belville, eienaar van ‘n vakansiehuis in Franskraal, het ‘n ruim R2500 prysgeld geskenk.

Ryers geniet Lions-wedren

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant