Black Leaves voel dit aan sy bas

Black Leaves voel dit aan sy bas

Gansbaai Courant

Met ‘n naelskraapse oorwinning deur Standards van Bredasdorp is die Baai se kaarte ietwat deurmekaar gekrap om na die tweede posisie op die punteleer te skuif.

Hulle verloor 13-17 teen Standards.

Tydens ‘n rillerstryd het ‘n paar gevraagde beslissings die Baaienaars lelik gepootjie.  Soos Black Leaves bekend is, sal hulle vinnig wil opstaan uit daardie “tackle”.

Bo alle twyfel het al drie Black Leaves se spanne goed gevaar en bring elkeen ten minste ‘n noodsaaklike wedstrydpunt huis toe.

Die A-span puntemakers was Franklin Pieterse (1 drie), Evan Visser (1 doel- en 1 strafskop) en Brenton-Lee Dickson (1 strafskop).

Black Leaves se B-span speel 12-12 elk gelykop en die C-span verloor hulle wedstryd met 10-17 teen hul eweknieë, ongeag of Black Leaves met positiwiteit teruggekeer het, is daar beslis areas waaraan gewerk moet word.

Wat verlede Saterdag se spel betref, bly besluitneming maar ‘n belangrike aspek van die spel op die veld. 

Tot diep in die 70ste minuut was Black Leaves nog die pasaangeeër met die telling op 13-7, totdat die manne ‘n bietjie individualisties begin raak het.  Hulle het ‘n duur prys betaal vir die honger om te wen, want Standards het die geleentheid gebruik om verby te glip.

Voorlangs het Bradwill en Rosley goed vertoon en op slot het Boudjies goed skoongemaak om spel te laat vloei.  Andersins lyk daar nie te veel gekarrring te word aan die hele agttal nie, maar kan net aangevul word met meer diepte op die bank. Agterlangs met Evon Visser op losskakel was daar baie druk van Diffy op heelagter ontlaai, maar hier op sy tuisveld behoort Diffy weer ‘n towervoet te hê.

Alreich (skrumskakel) kan die samespel met hom en Allan en Enwill (senters) voortsit wat aan hulle vleuels afrondingswerk kan besorg wat Saterdag ontbreek het.  Met goeie ontleding uit die wedstryd behoort die afrigtingspan ‘n positiewe uitslag na vore te bring.

Na ‘n harde stryd teen Standards vat die manne ‘n blaaskans en behoort uitgerus en vars te wees vir die tuisstryd teen Genadendal op 22 April.

Black Leaves behoort nie Genadendal te onderskat nie, maar ‘n sege moet hulle weer op die wenpad bring.

Black Leaves se ondersteuners word hartlik bedank vir hul goeie opkoms na Bredasdorp.   Moenie ophou nie, die manne het julle nodig!

Sportgroete

So Sê Bra “G”

Black Leaves voel dit aan sy bas

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant