Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Sestien jaar nadat hul enigste dogter in ‘n motorongeluk dood is oor die Paasgety, moes ‘n egpaar van Perlemoenbaai ook hul enigste seun aan die dood afstaan.
‘n Geskokte Danie en Jeanette Gericke vertel dat hul 47-jarige seun, Lionell en sy vrou Janette sowat 2 weke voor hul seun se dood, hul 20ste huweliksherdenking met ‘n vakansie in Namibië gaan vier het.
Lionell moes na die vakansie vir ‘n dikdermprobleem ge-opereer word in die Paarlse MediClinic.
Twee dae na die operasie het Lionell in ‘n koma verval en bloedtoetse het getoon dat hy malaria onder lede het. Hy is drie dae later op 8 April oorlede.
Lionell het simptome van griep gehad nadat hulle teruggekeer het van vakansie af.
Hy was wel bekend in Gansbaai onder die manne met rubberbote. Hy het ook aan talle Trans Agulhas rubberbootwedrenne deelgeneem.
“Lionell het pas ‘n nuwe groot boot gekoop, wat hy gedurende die Paasnaweek hier by ons sou kom toets,” het sy geskokte pa vertel. “Nou staan die boot hier en Lionell is nie meer met ons nie.”
Lionell het as die vader agter die bekende Paarl-besigheid, Genuine Connection Promotions, bekend gestaan wat sport- en promosiegoedere vervaardig.
Rugbyklere en –truie is on-der andere aan rugbyspanne soos die Cheetahs, Lions, Blue Bulls en Stormers voorsien, asook aan bekende skolesportspanne dwarsoor die land.
“Lionell was altyd bereid om die sportgemeenskappe met borgskappe te help, veral onder minderbevoorregtes,” het Maawyah Moerat, sportskakelbeampte van die Drakenstein munisipaliteit gesê. “Sy onverwagse afsterwe is ‘n geweldige skok vir die hele sportgemeenskap van die Paarl. Hy was ‘n goeie man en ons sal hom baie mis.”
Lionell laat sy ouers agter, asook sy eggenote en sakevennoot, Jeanette, hulle seun, Brad (18) en dogter, Zoë (15).
Brad wat oorsee was toe hy van sy pa se operasie gehoor het, het dadelik ‘n terugvlug bespreek. Op die lughawe moes hy hoor dat sy pa reeds oorlede is.
“Danie was ‘n liefdevolle gesins- en familieman en nou is altwee ons kinders aan die dood afgestaan,” het ‘n hartseer Jeanette gesê.
Lionelle is Donderdag, 13 April 2017 vanuit Paarl NG Strooidak Kerk deur ds Fanie Kriel begrawe.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...