Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Hoewel die buurtwagstelsels goed op dreef kom in die groter Gansbaai, het diewe steeds die Paasnaweek as ‘n gulde geleentheid gesien om op ontspanne vakansiegangers toe te slaan. Kampeerders, buitelandse besoekers en vakansiehuisinwoners is geteiken, aangesien mense in ‘n ontspanne luim is, nie oplet dat buitedeure gesluit is wanneer hulle kuier nie en nie los artikels uit hul motors verwyder wanneer hulle parkeer nie. Gansbaai gaan soos enige ander dorp in Suid-Afrika gebuk onder wetteloosheid, hoewel die SAPD, buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye alles in hulle vermoë doen om misdaad hok te slaan en misdadigers vas te trek. Dit was veral Van Dykstraat in Kleinbaai wat erg deurgeloop het oor die vakansietyd, hoewel daar gevalle van veral diefstal, oor die hele groter Gansbaai area gerapporteer is. Heelwat motorsleutels, afstandbeheertoestelle, selfone, iPads, skootrekenaars, klere, handsakke en beursies is gebuit.
Daar is weer gevalle gerapporteer waar skuifdeure uitgelig is. Huisbewoners wat van die ronde sluitslotte vir skuifdeure gebruik maak, maak dit vir inbrekers moeiliker om eiendom te betree. Buitestrale is ook ‘n goeie waarskuwing- en afskrikmiddel. Daar is in heelwat motors ingebreek en kampeerders het in een geval alles wat hulle saamgebring het vir hulle vakansie, verloor. Hul tent is betree en al wat hulle oorgehad het toe hulle die volgende oggend wakker word, was die klere aan hul lywe en hul beddegoed. Buurtwag: Die Afri-forum Buurtwag kom goed op dreef, maar daar is ‘n ernstige tekort aan mense wat wil help met patrolliewerk. Daar word ook ‘n beroep gedoen op permanente inwoners om te registreer. Inwoners kan nie verwag dat hulle beskerm word, maar nie deel is van die buurtwagstelsel nie.
Navrae kan gerig word aan die sameroeper, by 074 465 1058.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...