Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) in Gansbaai het in Maart ‘n suksesvolle gholfdag gereël wat ‘n groot inspuiting was vir hulle tekort aan fondse.
Dit was ‘n Enkel Stableford kompetisie op Gansbaai Gholfklub se bane en die weer het pragtig saamgespeel.
37 spelers het hul gholfstokke ingespan as hulle bydrae tot BARC se fondsinsamelingsprojek. Leon Hattingh was die wenner van die kompetisie en alle spelers was dit eens dat dit ‘n gesellige en suksesvolle dag was.
Lootjies vir ‘n geskenkpak wat deur Vera Swart geskenk is, is verkoop en die gelukkige wenner daarvan was Etienne Engelbrecht.
‘n Groot ontbyt is deur Awie en Ria van der Merwe voorberei en die spelers het dit na die eerste 9 putjies terdeë geniet – welkome ekstra stamina vir die res van die spel.
Martha van der Westhuizen het ‘n pragtige skildery geskenk, wat opgeveil is.
Nog veilingitems was ‘n koek in die vorm van ‘n gholfbal en verskeie wyne. Met Bev Swart as afslaer, het niemand eintlik ‘n kans vir wegkruip of weghardloop gehad nie. Die geringste wat iemand beweeg het, het daardie persoon gebie sover as wat dit Bev aangegaan het!
Danksy goeie borgskappe, kon elke speler met ‘n welkome prys wegstap.
Die fondse wat ingesamel is, sal weer eens vir die gratis sterilisasie van diere aangewend word waar diere-eienaars dit nie kan bekostig nie. Na verlede jaar se BARC Gholfdag was die organisasie daartoe in staat om 175 diere te steriliseer.
“Hierdie suksesvolle fonds-insamelingsprojek sal sonder twyfel ‘n jaarlikse instelling bly en ons is dankbaar teen-oor BARC se vrywilligers vir hul harde werk, die gholfklub vir hul bane en geriewe, asook teenoor Gansbaai se besigheidslui vir die borgskappe waarsonder ‘n dag soos hierdie nie aangebied kan word nie”, het hulle woordvoerder gesê.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...