Grypdiewe teiken apteekkassier

Grypdiewe teiken apteekkassier

Gansbaai Courant

Een van Gansbaai Apteek se toonbankkassiere, Lusanda Yalezo (32) het ‘n traumatiese ervaring met twee grypdiewe van Blompark beleef.

Sy het Sondag, 16 April 2017 net na 12:00, aan die agterkant van Secma International se gebou in die industriële gebied in die rigting van Masakhane gestap.

Twee mans van Blompark het haar van agter af ingestap en sy het gevoel hoe gryp een van hulle haar handsak. Sy het haar handsak probeer vashou, maar dit is met brute geweld van haar linkerarm afgeruk. So hardhandig, dat sy letsels aan haar voorarm opgedoen het.

Die grypdiewe het in die rigting van Gansbaai Kliniek laat spaander.

Gelukkig vir Lusanda, was daar twee mans van Masakhane wat die voorval sien gebeur het en die grypdiewe agterna gesit het. Naby die kliniek is die grypdiewe ingehardloop en hulle kon daarin slaag om die handsak af te neem. Die boosdoeners het egter weggekom.

Die twee weldoeners het Lusanda se duur handsak onoopgemaak terugbesorg.

Twee motoriste van Gansbaai het ook stilgehou om Lusanda van hulp te wees.

“Ek is baie dankbaar teenoor die twee mans vir hulle vinnige optrede en dat hulle my handsak net so onoopgemaak terug besorg het, asook teenoor die motoriste. Ek het so groot geskrik dat ek nie hulle name gekry het om hulle agterna te kon bedank nie,” het Lusanda gesê. “Net my handsak alleen is sowat R2 500 werd, sonder my kaarte en ander artikels daarin.” 

Die twee Blompark grypdiewe is vermoedelik lankal in daardie omgewing bedrywig.

Lusanda is al vir die afgelope 12 jaar ‘n bekende gesig agter die apteek se toonbank en vir haar was hierdie traumatiese voorval ‘n eerste en hopelik ‘n laaste keer gewees.

Grypdiewe teiken apteekkassier

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant