Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n 57-jarige vragmotorbestuurder moes verlede Vrydag, 21 April 2017 verslae toekyk hoe sy trok vanuit sy parkeerposisie versnel en deur ‘n draadheining bars.
Whitess Bottoman, wat werksaam is by Burmar Plant, het sy vragmotor in die agterste parkeerterrein van OK Foods Gansbaai parkeer en uitgeklim om te gaan lugtyd koop vir sy selfoon.
Hy het weggestap en omgekyk toe hy ‘n geluid hoor, net om te sien dat sy voertuig besig is om weg te loop.
Hy kon dit op geen manier keer nie. Dit het versnel, oor Barnardstraat geloop en deur die tweedehandse handelaarsaak, Die Hoenerhok se heining gebars, waar dit voor ‘n potjiebad tot stilstand gekom het.
Geluk by die ongeluk was dat daar geen verkeer of voetgangers in die straat was nie. Slegs die heining en die munisipale watermeter is in die proses beskadig – en die bad het sy een kopervoet verloor.
‘n Verkeersman was gou by die toneel en daar is bevind dat die voertuig se handrem na bewering onklaar geraak het.
Burmar Plant het dieselfde dag nog Die Hoenerhok se heining herstel.
Jacques Marais, eienaar van die Hoenerhok het gesê hy is verlig dat die skade so gering was.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...