Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Dit word dikwels spottenderwys gesê Baardskeerdersbos is effens “agter die tyd”. Die vrolike Snater Teater-dansertjies wat by ‘n spogontbyt in die dorp se Strandveld Pub en Restaurant opgetree het, was daarom nie uit pas met hulle Kaapse Klopse-nuwejaarsdans voor ‘n groep genaamd Bbos Dames nie. Die dansertjies, onder aanvoering van Sylvie Aggenbach, wat ook die groot gees agter Gansbaai se gewilde Snater Teater is, het duidelik elke oomblik van hulle optrede geniet – net soos die 15 deftige vroue wat dit aanskou het.
Die Bbos Dames – breinkind van 'n inwoner, Liana Brits - ontmoet mekaar maandeliks om vriendskapsbande te smee en “interessanthede” te deel. Verskillende plekke in die Gansbaai-omgewing is al besoek, maar Sylvie se dansertjies het hierdie keer die besoek afgelê. Afkomstig uit Blompark, het die betrokkenheid en titel die groep van nagenoeg 20 kinders na liggaam en gees opgehef. Trots en eiewaarde is gekweek en dit is duidelik dat dans vir hulle beslis meer verheffend as 'n straatlewe is.
Die Bbos Dames het harte en beursies oopgemaak en R880 bygedra tot nuwe uitrustings vir die dansertjies.
Vir Sylvie was hierdie ‘n tranetrek gebaar. Sy sê sy het onlangs uit haar eie sak vir elke meisietjie in die groep twee stukkies nuwe onderklere gekoop en vertel met trane dat hulle na ‘n openbare optrede in Gansbaai, waarvoor baie lank en baie hard geoefen is, “vergoeding” van R200 ontvang het.
“Ek maak self die uitrustings waarin hulle optree en met die Bbos Dames se hulp, sal die gesiggies nog meer straal,” verseker sy.
Die watertand ontbyt by die restaurant, was ‘n volgende hoogtepunt op die geselsende viendinne se saamkuier kalender.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...