Kanker eis geliefde 'Billy Boy'

Kanker eis geliefde 'Billy Boy'

Gansbaai Courant

‘n Bekende persoonlikheid en afgetrede lugvaart-ingenieur van Klipfonteyn x1, William Edward Oosthuizen (66), beter bekend as Bill, is  Maandag, 10 April 2017 oorlede.

Bill is reeds op  47-jarige ouderdom met kanker gediagnoseer, wat oor die jare heen gekom en gegaan het, terwyl hy ‘n vol lewe geniet het.

Sy eggenote, Lynne (69), sê dat Bill se toestand drasties versleg het na ‘n hart-operasie wat hy ondergaan het. Hy was sedert 2 Februarie vanjaar in die intensiewe sorgeenheid en is op 5 April ontslaan. Slegs 5 dae later het hy die stryd teen kanker gewonne gegee.

Bill is ‘n boorling van Stellenbosch waar hy op 8 Augustus 1951 gebore is. Sy skoolopleiding het hy in Grabouw deurloop.

Gedurende Maart 2015 het Bill as lugvaart-ingenieur in Centurion afgetree, waarna hy en Lynne na Klipfonteyn x1 verhuis het. Sy passie vir vegvliegtuie word in die groot versameling van model vegvliegtuie in sy huis, weerspieël.

Lynne vertel dat Bill een van die eerste lugvaart-ingenieurs was wat in Suid-Afrika op die Mirage F1 vegvliegtuie gewerk het. Hier ter plaatse was Bill ook ‘n lid van die Overberg Aviation Forum in Hermanus.

Bill en Lynne is 43 jaar gelede op 13 Desember 1974 in die huwelik bevestig. ‘n Seun, David (41) is uit die huwelik gebore en hy is met Sindy getroud.

Naas Bill se passie vir vegvliegtuie, was hy ook ‘n bekende natuurliefhebber en het veral sy liefde vir fynbos, voëls en insekte van hierdie omgewing uitgeleef, terwyl hy ook ‘n kranige rots- en strandhengelaar was.

“Ons het skaars ‘n maand ná ons verhuising hierheen by Gansbaai Wynproegilde aangesluit, aangesien Bill gesê het hy wil so aktief as moontlik oral betrokke raak, ondanks sy stryd teen kanker,” het Lynne gesê. “Hy was selfs by Groeneweide Kwekery betrokke.”

Bill laat sy eggenote, Lynne agter, asook sy seun en skoondogter.

‘n Troosdiens is Dinsdag. 18 April 2017 deur ds Dirk van Dyk in die NG-Kerk, Gansbaai gehou.

Kanker eis geliefde 'Billy Boy'

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant