200 hengelaars by interklub-kompetisie

200 hengelaars by interklub-kompetisie

Gansbaai Courant

Die lyne het behoorlik gesing toe 200 deelnemers ingeskryf het vir  Pearly Beach Hengelklub se naweek-kompetisie.

Dit was die Petals Express Interklub 2017 hengelkompetisie met 7 klubs wat meegeding het: Pearly Beach-, Ashton-, Alpha-, Bettiesbaai-, Gordonsbaai-, Weermag- en Overberg Hengelklub – het almal by Pearly Beach saamgetrek.

Die borge het vir ‘n uitsonderlike naweek gesorg en Ivan van der Merwe se musiek het die voete laat jeuk. Daar was genoeg te ete vir die 290 gaste.

42 hengelaars het 90 visse ingeweeg, waaronder 50 kabeljoue, 17 galjoene en 8 steenbras, met ‘n totale massa van 184.6kg.

Deon Strydom stap weg met die swaarste sak (17.5kg) vir die dag. Karl Dieter Lahner sorg vir die swaarste hottentot (1.0kg) en swaarste jan bruin (1.3kg). Charlie Fries van Bettiesbaai weeg die swaarste kabeljou (5.3kg) in, Johan van Romburg van Overberg die swaarste steenbras (9kg) en die swaarste galjoen (2.6kg) word deur Philip Fourie ingeweeg.

Tony Hoogendijk wen die seniors se afdeling en Alida Grove die dameskompetisie.

Die Top 10 hengelaars met punte, was: 1ste Deon Strydom, 2de Hans Strydom, 3de Denton Bauermeister, 4de Rossouw Munnik, 5de Stephan Aslin (Overberg), 6de Johan van Rensburg (Overberg), 7de Francois Munnik, 8ste Lesley Roux (Gordonsbaai), 9de Hugo Krynauw (Gordonsbaai) en 10de Jaron Pratt.

Pearly Beach se Rooispan wen ook die spankompetisies teen Alpha en Gordonsbaai.

2017 se Interklubkampioen is  Pearly Beach se Rooispan (op gemiddelde gewig), met Bettiesbaai 2de, Gordonsbaai 3de, Ashton 4de, Over-berg 5de, Pearly Beach Blouspan 6de, Alpha 7de, Pearly Beach Pienkspan 8ste en Weermag 9de.

Pearly Beach is nie net lede met “vis harte” nie, maar ook met “goue harte”. Hulle het die naweek fondse ingesamel ten bate van die Pionierskool vir Blindes in Worcester.

Die naweek se inskrywingsgelde, gelukstrekking en kaartjies het hulle met ‘n stewige R6 000 laat afskop. Alpha Hengelklub skenk later R2 500 en daag die ander klubs uit om daarop te verbeter.  Die eindresultaat was ‘n verstommende R25 000!

Die klubbestuur is dankbaar vir die fantastiese samewerking en goeie gees waarin die insameling plaasgevind het vir ‘n goeie doel. Borge sal amptelik op ‘n later stadium bedank word.

Die volgende Pearly Beach Hengelkompetisie word 13 Mei 2017 gehou.

200 hengelaars by interklub-kompetisie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant