Suksesvolle sakeman deel waardevolle wenke

Suksesvolle sakeman deel waardevolle wenke

Gansbaai Courant

Sy ryding was ‘n fiets. Sy besigheid se vragvervoermiddel ‘n fietsdrarak. Sy kantoor was ‘n kamer in sy ma se huis.  Die begin van sy besigheid was aflegging by die firma waar hy gewerk het tydens die 2009 resessie.

Vandag is Francé Saayman die suksesvolle sakeman  agter die firma Sonic WIFI in die Wes-Kaap.

Sakekamerlede wat verlede week die plaaslike sakekamer jaarvergadering bygewoon het, het vol geesdrif en planne weggestap nadat hierdie suksesvolle sakeman sy praatjie afgesluit het. 

ABSA Besigheidsdienste het hom genader om die groep toe te spreek, weens die sukses wat hy reeds bereik het.

Francé se raad aan sakemanne is om hul vrese aan te spreek en  ‘n ondersteunende span werksmense aan te stel.  “Werk áán jou besigheid en nie ín jou besigheid nie”, het hy gesê.

“Fake it,’till you make it... en bid.”

Nuwe bestuur

Julia Barlow is onbestrede herkies as die voorsitter met Hein van Wyk as vise-voorsitter, Mynhardt Geyer (tesourier), Doulene Els (sekretaresse) en Diana Nortman (addisionele lid).

Sakemense wat belangstel om by die organisasie aan te sluit, kan meer inligting verkry deur ‘n epos te stuur aan: 

info@gansbaaibusinesschamber.co.za

Suksesvolle sakeman deel waardevolle wenke

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant