Waterplan - Pluk die vrugte

Waterplan - Pluk die vrugte

Gansbaai Courant

Publieke insette is belangrik vir die Konsep Waterdienstewet en alle rolspelers en individue sal die vrugte daarvan kan pluk deur hul insette voor of op 5 Mei 2017 te lewer.

Alle munisipaliteite moet in terme van die Waterdienstewet, Wet 108 van 1997, 'n Konsep Waterdienste Ontwikkelingsplan aan die Raad voorlê, waarna dit beskik-baar gemaak moet word vir kommentaar en insette van die publiek en ander rolspelers, onder andere die Departement van Water en Sanitasie, BGCMA, en ander munisipaliteite.

Overstrand Munisipaliteit se Konsep Waterdienste Ontwikkelingsplan vir 2017/18 is op 29 Maart 2017 in die Raad ter tafel gelê.  Die finale plan, met inagneming van enige kommentaar wat ontvang is, sal op 31 Mei 2017 aan die Raad voorgelê word vir goedkeuring.

Waterdienste sluit beide watervoorsiening en riolering in. Die plan sluit verskeie elemente in, waaronder administrasie, demografie, diensvlakke, sosio-ekonomiese profiele, infrastruktuur, instandhouding, water aanvraag bestuur, waterbronne, finansies en institusionele aspekte.

Die konsep plan is tot 5 Mei 2017 op die munisipaliteit se webblad, www.overstrand.gov.za beskikbaar vir insette en/of kommentaar. (Klik op documents en dan op strategic documents).

Kommentaar kan gestuur word aan faksnommer 028-313 8128 of e-pos dit na hblignaut@overstrand.gov.za, vir aandag mnr H Blignaut.

Waterplan - Pluk die vrugte

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant