Huis E dogters word oorweldig met liefde

Huis E dogters word oorweldig met liefde

Gansbaai Courant

Die bederfnaweek vir die dogters van Herberg Kinderhuis in Robertson, het die afgelope naweek in Gansbaai plaasgevind. Hulle het in Groeneweide Restaurant en Kwekery se gastehuis tuis gegaan.

Dit is ‘n jaarlikse projek wat deur Gansbaai NG-gemeente se Vrouediens gerëel word. Vanjaar se organiseerder was Babsie Greyling, bygestaan deur haar eggenoot, Kobus. Bykomende hulp gedurende die naweek is deur Marie de Kock, Floors en Marié Avenant, ‘n afgetrede predikantspaar, en die dogters se huismoeder, Bettie Thomas verleen. Vrywilligers vanuit die NG-gemeente het van die etes tuis voorberei.

‘n Ontspanne en genotvolle program is vir die dogters uitgewerk, wat onder ander die volgende insluit: geestelike versorging, handaktiwiteite, strandaktiwiteite, huiskerk, bywoning van die NGK se Erediens en veel meer pret en plesier en, natuurlik, heerlike etes.

Vanjaar se groep dogters, onder leiding van hul huismoeder, Bettie Thomas, was Amahle, Celeste, Elna, Ellouise, Jamasy, Janine, Keisiah, Lee-Ann, Lindi, Michelle, Nikita, Sonja en Tiffany.

Die naweek se aktiwiteite is afgesluit met die erediens in die Pretoriussaal deur dr Lisel Joubert. Tydens dié geleentheid het die dogters pragtige koorsang onder leiding van Floors en Marié Avenant gelewer.  Daarna het roomys en ‘n smaaklike Sondagmiddagmaal op die dogters gewag, waarna hulle weer na Robertson teruggekeer het.

Huis E dogters word oorweldig met liefde

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant