SAPD-geskenk verras verdagte - Slim vang sy Baas!

SAPD-geskenk verras verdagte - Slim vang sy Baas!

Gansbaai Courant

‘n Verdagte het onlangs ‘n “verrassingsgeskenk” ontvang wat hy hoegenaamd nie te wagte was nie, of dalk is dit ‘n geval van ‘Slim vang sy Baas’.

AdjOff Vermeulen het ‘n inbraaksaak in Franskraal ondersoek. Hy het inligting ontvang dat die verdagte steeds die selfoon, wat as gesteel aangemeld is, gebruik en dat hy selfs oproepe beantwoord.

Vals inligting is versprei dat die verdagte ‘n prys by ‘n besigheid in Gansbaai gewen het. Optrede is deur AdjOff Vermeulen geloods en reëlings is getref waar en wanneer die verdagte sy prys kan gaan afhaal.

Die verdagte het selfs, op aanvraag, sy kleredrag vir die betrokke dag beskryf en ook ‘n tyd bepaal waarop hy die geskenk sou afhaal.

Hy het in die besigheid rondgestaan, maar sy verrassing was groot toe hy besef dat die prys wat hy gewen het, AdjOff Vermeulen is wat hom saggies op die skouer tik en hom in hegtenis neem.

Terence Femston (18) is in hegtenis geneem en is tans verhoorafwagtend. Hy sal in aanhouding bly. Borgtog is teengestaan aangesien die 'simcard' in die verdagte se besit met ‘n huisbraak in Franskraal verbind word.

Goeie arrestasies

Heelwat goeie arrestasies is die afgelope tyd deur Gansbaai SAPD se speurtak uitgevoer.

Immigrasie inhegtenisname

Beamptes van Immigrasiebeheer het Maandag, 15 Mei 2017 in Gansbaai toegeslaan nadat ‘n klagte oor ‘n onwettige immigrant ontvang is. ‘n Somaliër, Muqtar Kumi (23) is gearresteer sonder enige wettige dokumente om in Suid-Afrika te mag wees. Hy het reeds in die hof verskyn.

Masakhane

Twee konstabels van Gansbaai SAPD was Vrydag, 12 Mei 2017 op patrollie in Masakhane waar hulle ‘n verdagte persoon met ‘n blou sak opgemerk het.

By nadere ondersoek is gesteelde eiendom in die sak gevind, asook TIK wat hy aan sy persoon gedra het. Die gesteelde items, juweliersware en ‘n selfoon, is daarna met ‘n inbraak in De Kelders verbind. Die eienaar, wat op daardie stadium onbewus was van die inbraak by sy huis, is ontbied om die gesteelde items uit te ken, wat hy wel kon doen. 

Mvujusa Xoslvula (23) is gearresteer en is steeds in aanhouding. Borgtog is teengestaan op grond van sy misdaadrekord.

Blompark-inbraak

‘n Ooggetuie het op 4 Mei 2017 gesien hoe ‘n verdagte in Blompark ‘n venster van ‘n woning oopbreek en die woning betree. Pieter Felix (21) is gearresteer, borgtog is teengestaan en hy is steeds in aanhouding.

Gansbaai Hawe

Op Woensdag, 10 Mei 2017 is Jeffrey Slabbert (23) in Gansbaai Hawe gearresteer vir ‘n inbraak by die Lotteringstoor. Gesteelde eiendom is in sy besit gevind en die verdagte bly in aanhouding as gevolg van vorige veroordelings.

Nuwe battery gesteel

Konst Pieterse van Gansbaai SAPD se speurtak ondersoek die diefstal van ‘n nuwe battery in Blompark. Die enjinkap van die eienaar se Jeep het in Madeliefiestraat oopgestaan met die battery daarin. Konst Pieterse kan vir inligting wat moontlik tot ‘n arrestasie lei, geskakel word.

Gansbaai Groter Buurtwag

Goeie samewerking tussen Gansbaai SAPD en die Groter Gansbaai Buurtwag, wat by AfriForum inskakel, vind tans plaas.

Die buurtwag het ook reeds registrasievorms ontvang om ‘n verteenwoordiger by GPF (Gansbaai Polisiëringsforum) te laat inskakel. Op hierdie wyse kan die buurtwag op hoogte van misdaadgebeure bly.

Nuwe intrekkers

Met verwysing na enkele insidente die afgelope tyd, versoek Gansbaai SAPD nuwe intrekkers wat in besit van vuurwapens is, om die nodige adresveranderinge by AdjOff Human van Gansbaai SAPD te gaan aanmeld.

Vuurwapeneienaars moet kennis neem dat alle vuurwapens in ‘n kluis moet wees wat vasgebout is teen ‘n muur.

Oop vensters

Gansbaai SAPD maan inwoners weer eens om nie vensters oop te laat of deure ongesluit te laat nie. Tydens twee van die afgelope week se inbrake het verdagtes toegang deur oop vensters verkry.

Gansbaai SAPD kontaknommer

Die polisie het klagtes ontvang dat Gansbaai SAPD se landlyn (028 384 0201) soms lui sonder om beantwoord te word.

Dit blyk dat dit ‘n sisteemprobleem is. Wanneer die foonnommer by die polisiestasie besig is, gee dit ‘n luitoon en nie ‘n besettoon nie.

Kapt Danie Rautenbach van Gansbaai SAPD se speurtak het gemeld dat ‘n nuwe nommer geskep is.

Die  noodnommer 10111 kan nie van ‘n selfoon af geskakel word nie, maar slegs vanaf ‘n landlyn, wat soms ‘n groot probleem is. ‘n Nuwe landlynnommer is geskep om hierdie pro-bleem te bowe te kom. Die nommer is 028 384 0774. Indien dit van ‘n selfoon af geskakel word, gaan dit direk deur na die noodnommer, 10111, wat sake baie sal vergemaklik.

Inwoners kan ook gerus die nuwe gratis app op hulle fone aflaai, genaamd My Town Hub.  Gansbaai, sowel as Hermanus se noodnommers kan direk van die Hub af geskakel word.

SAPD-geskenk verras verdagte - Slim vang sy Baas!

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant