Neem eienaarskap vir jou gesondheid

Neem eienaarskap vir jou gesondheid

Gansbaai Courant

Die nie-winsgewende gesondheids- en leefstyl organisasie ‘Be Free’, lei hierdie naweek ‘n uitstalling en werkswinkel by die Strandveldsaal in Baardskeerdersbos. 

Belangstellendes kan die uitstalling tussen 11:00 en 15:00 besoek.

Die ekspo fokus op gesondheidsbewuswording en word deur plaaslike gesondheids-entoesiaste aangebied.

Hoewel mense deesdae langer leef, vermeerder die voorkoms van kanker, hartsiektes, tipe II diabetes en demensie teen ‘n ontstellende pas. 

Bekostigbare gesondheidsorg moet dus versigtig bestuur en implementeer word.

Moderne medisyne sal altyd ‘n belangrike rol speel om lewens te red, nogtans het elke persoon die verantwoordelikheid om hulself en hul kinders te leer om vandag en in die toekoms in beheer van hul eie gesondheid te wees.

Mense moet volle verantwoordelikheid vir hul eie gesondheid aanvaar.

Die menslike liggaam beskik oor die unieke vermoë om homself te herstel, maar die mens moet dan die regte hulpmiddels verskaf en die geskikte omstandighede daarvoor skep.

‘n Opvoedkundige program oor “leefstylmedisyne” wat op die hele liggaam fokus, kan siektes voorkom, gesondheid verbeter en selfs ‘n ommekeer in siektetoestande tot gevolg hê.

Moderne leefwyses het tot gevolg dat kitskos die plek van gesonde, tuis voorbereide voedsel inneem. Verder word gesondheid bedreig deur ongesonde maniere waarop kossoorte voorberei word.

Saterdag se ekspo fokus op gesondheidsbewuswording en bestaan uit ‘n kort opvoedkundige program wat ontwerp is om praktiese vaardighede, tegnieke en idees voor te stel wat deelnemers in hul daaglikse lewens kan toepas. 

Sodoende kan hulle hulself en hul gesinne op die weg na ‘n gesonder toekoms plaas.

Beslis ‘n geleentheid waarby ‘n ieder en elk baat sal vind.

Neem eienaarskap vir jou gesondheid

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant