Voertuig beskadig? Doen die regte ding.

Voertuig beskadig? Doen die regte ding.

Gansbaai Courant

Dis nog donker die oggend en wanneer die boot afgelaai is moet jy jou plig nakom om die voertuig met die sleepwa in ‘n parkeerarea te gaan parkeer. Wat ookal die rede, jy begaan ‘n oordeelsfout en met die parkeerslag beskadig jy die voertuig langs jou. Dit klink na net ‘n ligte skrapie.

Jy weet jy is skuldig maar jou skipper is haastig.

Wat nou? Wat is die logiese ding om te doen?

Heel eerste moet jy aanvaar dat dit nie daar sal eindig nie en dat dit jou plig is om die saak verder te voer. Dink aan die beskadigde voertuig se eienaar en hoe hý gaan voel! Kom ons kyk na die opsies. So vroeg in die oggend is die kanse skraal vir die nota-uitkoms, dis net nie beskikbaar nie. Indien die skade ernstig is (maak liewer seker hiervan) moet jy maar vergeet van see toe gaan en die polisie in die prentjie kry. Dis dan amptelik en die storie sal sy loop neem.

Met iets soos ‘n skraap het jy steeds verpligtinge, maar daar is ander opsies. Op elke sleepvoertuig moet daar ‘n kontaknommer wees.

So gou moontlik kan die eienaar dan gekontak  en die situasie aan hom verduidelik word. ‘n Erkenning van skuld, die gepaardgaande verskoning en die gerusstelling van die skadeherstelling behoort genoegsaam te wees.

Indien daar om een of ander rede nie ‘n kontaknommer beskikbaar is nie, kan die persoon in beheer van die hawe wel later (so gou moontlik darem) in kennis gestel word van die gebeure wat plaasgevind het.

Ons neem aan dat hy nie so vroeg die oggend al aan diens is nie. Indien hy ook nie gekontak kan word nie, skakel dan iemand by die huis wat die nodige stappe kan neem.

Ons moet aanvaar dat niemand so iets met opset sal doen nie en dalk ‘n aanvaarbare rede kan meld waarom dit gebeur het. In so ‘n geval en wanneer  die regte aksie gevolg is, behoort wedersydse respek te verseker dat daar ‘n oplossing gevind word.

Dit dan, volgens my, is die logiese stappe wat gedoen moet word.

Groete, Seemeeu

Voertuig beskadig? Doen die regte ding.

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant