Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Black Leaves rugbyspan se kaptein, Franklin (Frankie) Pieterse se uitstekende spel en leierskapvaardighede, maak toe van hom “Man of the Match” in die rugbywedstryd teen Atlantics.
Saterdag se wedstryd op hul tuisveld teen Atlantics was ‘n broodnodige oorwinning (21-15) vir Black Leaves, met die toeskouers (en klublede) se harte wat warm geklop het.
Nie eens die feit dat Black Leaves in die vyftigste minuut van die wedstryd met net 13 spelers oor die weg moes kom, kon hulle stuit nie en hul doellyn kon nie oorgesteek word nie.
Die verdedigingspatroon van Gordon (afrigter) moet nou verder opgeskerp word vir komende Saterdag se wedstryd teen SAFCOL in Grabouw.
Met 9 wedstryde oor om te speel, moet elke wedstryd met erns benader word.
Atlantics het hier opgedaag met een van die skerpste agterlyne in die kompetisie. Black Leaves het die windtoestande op hul tuisveld beter as hul opponente benut, alhoewel die besoekers nie voorlangs wou bes gee nie.
Die eerste geleentheid vir punte aanteken het aan Brenton-Lee Dickson (skrumskakel) behoort met ‘n suiwer strafskop deur die pale (3-0). Black Leaves se hanteerwerk van die bal het sake vir Atlantics bitter moeilik gemaak, met akkurate verdediging wat sake verder vir die besoekers omgekrap het.
Kort daarna laat Triston Davids (vleuel) Atlantics op hul neuse kyk met die wedstryd se eerste drie wat hy druk (8-0).
Daarna open Atlantics hul rekening met ‘n strafskop deur die pale (8-3). Na die strafskop het kaptein Franklin Pieterse die leisels behoorlik opgeneem en Black Leaves het “verwoesting” begin saai.
Vernon Dreyer was behoorlik aangevuur en druk ‘n goeie drie (13-3).
Atlantics het egter nie handdoek ingegooi nie en breek deur die verdediging vir ‘n drie (13-8).
In die tweede helfte wou nie een van die spanne onder die druk toegee nie, maar Frankie, bal in die hand, beur sy pad oop doellyn toe (18-8). Daarna klim Atlantics weer met ‘n drie in en die telling skuif op na 18-15 gedurende die laaste 10 minute van die wedstryd.
Evon Visser, Black Leaves se losskakel, sorg egter vir ‘n verdere 3 punte met ‘n strafskop, wat die eindtelling na 21-15 verander.
In ‘n desperate laaste poging het Atlantics vir benoude oomblikke gesorg, maar die eindfluitjie laat Black Leaves as oorwinnaars van die veld stap.
Met hierdie wedstryd kry Black Leaves 4 waardevolle punte wat as motivering behoort te dien vir hul komende wedstryd, Saterdag, 20 Mei teen SAFCOL.
Ongelukkig was dit nog nie die 2de en 3de spanne se beurt om te wen nie. Hierdie spanne behoort egter wel genoegsaam gemotiveerd te wees om te sorg dat daar probleme vir SAFCOL se 2de’s en 3de’s wag, indien hulle in Grabouw gaan speel.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...