Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
‘n Jongman van Sjina, Jieming Sun, het onlangs met sy motorfiets in Franskraal aangedoen - ná ‘n rit van sowat 60 000km op ‘n kleine Yamaha Fazer 250cc motorfiets.
Hy het vir ‘n paar dae by Jacques en Elba Tredoux oorgebly. Die egpaar het hom tydens hulle vakansie ontmoet en genooi om in Franskraal by hulle aan te doen.
Jieming wat in Beijing, Sjina gewoon het, waar sy ouers ook is, het later na Shangahai, sowat 1 400km van sy ouers af, verhuis waar hy gewerk het.
‘n Vriend het hom gedurende Junie 2015 genooi om saam met hom met motorfietse deur Europa te toer.
Hy het die uitdaging aanvaar, maar na afloop daarvan dadelik besluit om op sy eie ‘n motorfietsrit na Afrika aan te pak.
“Ek het nie van my werk gehou nie en was na groter uitdagings op soek,” het Jieming gesê. “Ongeag my pa se ontevredenheid en vermaninge, het ek by my besluit gehou.”
Hy het binne ‘n kort tydjie fondse ingesamel en alle reëlings binne net 2 maande gefinaliseer.
Vanaf Spanje is hy en sy motorfiets met ‘n veerboot na Moroko en daarna was dit net hy en sy motorfiets en ‘n rugsak.
Jieming het onder andere ook in Angola en Namibië aangedoen en daarna is hy met die Weskus van Afrika af tot by Vioolsdrift. Daar is hy deur die grenspos na Suid-Afrika.
Die enigste onderbreking wat hy gehad het, was in Windhoek, Namibië. Hy moes vir familieprobleme na Sjina vlieg en het sy motorfiets by ‘n vriend in Namibië gelaat. Na 7 maande het hy teruggekeer en teen middel September 2016 sy motorfietstog voortgesit: Vioolsdrift, Springbok, Paternoster, Kaapstad en Franskraal.
Na sy ontspanne kuiertjie in Franskraal het die avontuurlustige Jieming sy motorfietsrit na Durban voortgesit, vanwaar hy per vliegtuig na Sjina sou terugkeer. Hy sê dat hy geweldig baie gesien en ervaar het, maar ook dat hy baie geleer het.
Jieming het dankbaar vertel dat geen ernstige voorvalle plaasgevind het nie en dat hy oral vriendelik en gasvry ontvang is.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...