Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Die nuutgeboude Masakhane Primary School is voorwaar ‘n lus vir die oog.
“Byna soos ‘n kampus,” het die waarnemende skoolhoof, Tommy Volkwyn tydens ‘n onderhoud gesê. Tommy is Gansbaai Primêr se skoolhoof wat, op versoek van die Departement van Onderwys, met ingang van 1 April vanjaar as waarnemende skoolhoof vir Masakhane Primary School optree. Masakhane leerders en opvoeders het gedurende April vanjaar na die nuwe skoolgeboue oorgetrek.
Ultra modern
Die ultra moderne skoolgebou is rondom bestaande melkhoutbome ontwerp en opgerig. Dit beskik oor ‘n boorgat om die spesiaal ontwerpte tuine en sportgronde in stand te hou.
Die luukse badkamers en graad R-klasse vorm die middelpunt van die kompleks en is in die vorm van rondawels gebou - byna met ‘n etniese kraalinslag. Vyf netjiese en higiëniese spuitfonteintjies vir drinkwater is aangebring om die leerders se dors te les.
Enkele ander uitstaande kenmerke is: ‘n administrasiegebou met 5 kantore; luukse kombuis; volledige toegeruste mediasentrum; rekenaarlokaal waar leerders met tablette werk; 2 groot klaskamers wat met afskortingspanele in ‘n minisaal omskep kan word; 2 praktiese lokale vir kuns en tegnologie; ‘n enorme skoolsaal met sitplek vir 800 tot 1 000 sittendes.
Amptelike opening
Die amptelike opening en inwyding van Masakhane Primary School, waarby die minister van onderwys en ander hooggeplaasdes betrokke sal wees, word vir September vanjaar beplan.
Personeelkorps
Die totale personeelkorps bestaan uit die skoolhoof en adjunkhoof, met 21 opvoeders, waarby 3 departementshoofde ingesluit is. Twee administratiewe poste is ook gevul, asook 3 algemene assistentposte.
Leerlinggetalle
Die totale aantal leerders vir grade R tot 7, is 790 en is soos volg verdeel: graad R (90), graad 1 (111), graad 2 (111), graad 3 (120), graad 4 (104), graad 5 (91), graad 6 (100) en graad 7 (63).
Geskiedenis
Die oorspronklike Masakhane Primary School is amptelik in Januarie 2007 geopen.
Daar was 166 leerders vanaf graad 1 tot graad 4, met 4 opvoeders en 2 nie-opvoeders, sonder ‘n skoolhoof. Me George het as skoolhoof waargeneem.
Sedert 2008 is mnr Msebenzi as skoolhoof aangestel, met 369 leerders en die skool wat met bykomende grade 5, 6 en 7 opgradeer is. Die personeelkorps was 11 opvoeders, waarby 1 departementshoof ingesluit was.
Vanaf Januarie 2009 is die skool weer opgegradeer en het die leerdertal op 554 gestaan.
Ou skoolgebou en terrein
Die oorspronklike skool is op munisipale grond gebou en is steeds die eiendom van Gansbaai Munisipaliteit.
Ná die ingebruikneming van die nuwe kompleks, is 12 van die ou strukture ter waarde van sowat R2m deur die Departement van Openbare Werke aan Gansbaai Munisipaliteit geskenk en okkupasie daarvan is einde Maart vanjaar geneem.
‘n Komitee is saamgestel om oor die toekomstige benutting van die terrein en geboue te besluit.
Vroeë kinderontwikkeling
Met die Suid-Afrikaanse statistiekgetalle van 2011, is ‘n behoefte aan voorskoolse kleuters van sowat 700 in Masakhane raakgesien.
“Hierdie verskuiwing van Masakhane Primary School na die nuwe geboue, kom inderwaarheid net betyds,” het mnr Kat Myburgh, areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, gesê.
“Hierdie veranderde omstandighede skep nou ruimte om ‘n Vroeë Kinderontwikkelingsprojek op die been te bring.
Die beplanning is om voorsiening te maak vir voorskoolse klasse wat sowat 400 kleuters sal kan huisves.
Masakhane Primary School kan opreg trots wees op hulle moderne, nuwe opvoedkundige sentrum.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...